vaalrivier onder barrage

LeonK

Member
yes manne

ek wil hoor of een van julle nie dalk nou onlangs die vaalrivier onder die barrage gehengel het nie.

indien van julle het, hoe het dit gegaan en kom die babers uit?

brakkanjan? hotstuff?
 

Brakkanjan

Senior Member
Goeienaand! Jong ek het nou net herstel van waterpokkies, gaan moontlik volgende week bietjie rivier toe. Ek wil graag 2 aande oorslaap by Tago ook (Was lanklaas by die dam).

 

Ons het verskriklik baie reen gehad, eergister het ons 22mm gemeet hier. Wil ook net kyk wat maak die weer.

 

Ek sal jou op hoogte hou ;)
 

LeonK

Member
thanks brakkanjan, sal dit baie waardeer.
ek gaan van volgende woensdag af vir n week by goosebay ontspan en hopenlik het die reen bedaar anders gaan my week in n nagmerrie ontaard.
hou die barrage se sluise toe asb
 

Brakkanjan

Senior Member
Haha, ek sal probeer, dit het vandag amper die heeldag gereen.

 

Wil graag bietjie 'n groot vleis-aas gooi met die Magnums en kyk wat gebeur ;)

Waar is Goosebay? seker by die see?
 

LeonK

Member
eina! en dit lyk of daar nog reen oppad is vir volgende week van dinsdag af.
my baberstroppe is reg ek moet nog net n paar platties gaan koop.
goosebay is so tussen parys en barrage. soos jy van sasol af kom rigting parys toe, draai jy op die barrage pad na die N1 links. dan draai jy weer links iewers.
google hom...nice plekkie en woman friendly
 

XL1200

Member
Ek het gister van GooseBay af gekom.
Die weer het nou nie heeltemal saam gespeel nie maar ons het nogsteeds baie goed gevang.

Ek het sommer donderdag goed begin toe ek 'n 8kg baber vang nog voor die bakkie uitgepak is. Ek dink nie die lyn het eers 5min gelê voor die katrol begin skree het nie.

Ons het ook so paar mooi karpe gekry, maar dit lyk of hulle nog besig is om te spawn.

Amper al ons vis is op Slang Wurms gevang.
 

LeonK

Member
jy is gelukkig want ek moes my trip kanselleer agv van die water wat oppad is.
die mense wat vakansies langs die rivier beplan het kan maar ander planne maak. goosebay is gister ontruim so my planne is ook in sy dinges in.
ek het gister barage toe gery om te kyk wat daar aangaan en ek moet se dat dit nogal skrikwekkend gelyk het. die eiland is heeltemal onder water en bome is deur die water ontwortel. ek sou dink dat die mense stroom-af in die moeilikheid gaan wees veral as hulle nie weet van die water nie. as julle iemand ken wat langs die rivier kamp, waarsku hulle. liewers bangjan as dooiejan
gewoonlik vat die water 36 uur van barrage tot in parys maar ek dink die hoop water gaan dalk vinniger daar uitkom. om dinge erger te maak het daar weer een helse storm uitgebars gister in daai opvangsgebied wat veroorsaak het dat mense van die pad af getrek het want hulle kon nie sien waar hulle ry van al die reen nie.
ek moet my hoed vir goosebay se bestuur afhaal aangesien hulle my alternatiewe naweke geoffer het.
 
Top