Welkom by Sealine.
Ek het meer as 15 jaar terug die Vaal gereeld gehengel maar was laas jaar by Roslea en het 'n monster daar verloor. Hy het my grassie van so 1,6 kilo gevat en gemaak net wat hy wou. Ek het ook gehoor deur die nag en veral vroeg oggend hoe die babers jag gemaak het op die klein aas vissies in daai een groot vlak 'baai' wat net na die bome begin vanwaar jy inkom. Weet nie hoe om die spot beter te beskryf nie, lol. So in my opinie is daai 'n goeie spot en ek gaan nog verseker weer terug om die stryd byl weer op te tel met die baboers daar. Nog lank nie klaar met hulle nie, hahaha.
Het ook gehoor College plaas is goeie baber water.