Unbelievable catch

Strepie

Sealiner
A friend of my dad was walking on the beach from Franskraal towards Die Gruis. This is the story is his own words!

"My hond Zula is 'n bekende persoonlikheid op Franskraalstrand. Almal ken hom as die groot swart hond wat so swem. Diegene wat goed oplet, sal ook agterkom dat hy in die vlak water altyd vissies jaag. Omtrent 2 jaar gelede het hy 'n hardertjie in een van die strandpoeletjies gevang en sedertdien is hy 'n entoesiastiese hengelaar.

Saterdagoggend, 15 Maart om 06h30 het ek en Zula ouder gewoonte saam met 'n besoekende kunstenaar van Gauteng, Johan Kok, ons strandstap vanaf Franskraal, oor Uilkraal Riviermond na Die Gruis en terug aangepak. Met die wegtrek draf Zula deur elke poeletjie op soek na vis en ek vertel toe vir Johan dat die hond so probeer vis vang. Ek het nie veel reaksie van hom gekry nie. Hy het seker gedink dit is net nog 'n vis storie om Gautengers mee te vermaak.

By die riviermond draf Zula toe ver vooruit en skielik sien ek dat hy in die vlak water op iets afstorm en hap daarna. Ek dog toe eers dit is 'n stuk bamboes waarmee hy speel. Dit was uitgaande gety en die hond het stroomaf van die voorwerp gestaan terwyl dit teen sy voorpote vasspoel. Ons stap toe nog rustig nader en skielik sien ek toe die visstert wat in die vlak water klap. Ek hardloop toe nader en gryp die vis deur sy kiewe, met 'n entoesiastiese Zula wat rondtrippel en 'n verdwaasde Gautenger wat die spulletjie gadeslaan. Gelukkig was daar 'n mede Franskraler wat die hele petalje gesien het, want niemand sou my, my hond en 'n Gautenger glo nie. Maar die storie is nog nie klaar nie.......

Ek stap toe terug huistoe met die spartelende vis terwyl Johan sy strandstap voltooi. By die huis weeg ek toe die vis wat die skaal op 10kg trek. Zula se rekord vis."
 

Attachments

  • IMG_6294 (Small).jpg
    IMG_6294 (Small).jpg
    81.8 KB · Views: 1,014

Katot

Sealiner
Awesome stuff. Reminds me of the dog that was called Gouritz at Gouritzriviermond. He was also a keen fisherman.
 
Top