JustPlainSHARK
Sealiner
Wesrand Polisie HK het hul maandelikse klub komp gehou by UJ/Island Shores die afgelope naweek. Dit was ‘n naweek komp wat begin het op 5 November om 18:00 en het geeindig op Saterdag 6 Nov om 14:00.
Oppad dam toe het ek en my broer, Waldo, deur een van die scariest storms gery. Die onderkant van ‘n vaalwit wolk het sulke punte gedraai soos in ‘n twister fliek en ek het genuine gedink dat ons dalk deur ‘n twister geskep sou word en amper in Villiers sou gaan fish het. Die winde was erg en dit het so hard gereen dat ons teen 30 – 40km/h aan gekruie het. En daar het so paar korrels hael geval vir die Whiskey-on-the-rocks-manne. By die venue het dit nog gereen tot so 17:00 toe. Het begin afpak en die tente opgeslaan en ander goed ingerig gekry. Die kinders was die naweek saam met my en hulle het my rasend gehad. Toe hulle gaan slaap, toe kon ek eers eintlik begin hengel.
My voerplan vir die naweek het behels dat ek ‘n groot blik heelpit mielies gekoop het en 1kg mielierys. Ek het SuperCast voer gemeng met die bogenoemde en besluit om ‘n kol op 60m (lyn ingehak) te bou vir die naweek met die ander stok op so 80m. Ek het met ‘n “nuwe†kombinasie begin van Banjo & Perdeby, maar net een vis na ‘n lang ruk gekry. Waldo het toe al seker so 5 vis in die net gehad en Marius Zeelie, net links van ons, seker al om en by 10. Ek het toe Banjo&Stuttafords ‘n kans gegee, maar heelaas, het dit ook nie gewerk nie. Waldo het vis gekry op Devilsfork en FX so ek het maar in geval by hom. Ek het op die 60m stok egter Devilsfork en ‘n Strawberry-tipe boldip gebruik. Die tempo het toe aansienlik verbeter.
Die konsensus was dat ons vir so lank as moontlik moet fish terwyl, die meeste ander ouens gaan slaap, om ten minste ‘n ordentlike voerkol op te bou voor almal Saterdag oggend weer gaan in val en ernstig begin hengel. Ek kon uit hou tot 02:15 toe en het gaan inkruip en toe 05:00 weer ingeval. Waldo en Marius het so rukkie langer aangehou voordat Waldo ook ingekruip het. Toe ek opstaan, was Marius al wakker (of het hy ooit gaan slaap?). Ek het geweet ek sal ALS moet insit om voor hom te eindig met die komp. Ek het die kombo’s saamgevoeg sodat ek FX, DF en die Strawberry ding op die bol het op altwee stokke, met ‘n plain geel float onder met ‘n swd op altwee hoeke. Dit het nie lank geneem nie of ons was weer aan die gang en die vis het mooi uitgekom. Toe dit stil geraak het, het ek bo net ‘n kariba wurmpie bygesit en toe meeste van my laaste klompie vis gevang op die Kariba-swd asie.
Met die inweeg het ek 51 vis gehad (34 muddies, 13 karp en 4 graskarp) vir ‘n gewig van om en by 18kg. Marius was tweede met 47 vis, Koekies 3de met 33 vis en Waldo 4de met 31 vis.
Ek dink my voer strategie was reg gewees vir die naweek. Ek het wel die oggend oorgeslaan na Lemmetjies voer want die SC was klaar (moes Deneysville toe ry om te gaan koop). My boldip aanbieding het ek baie skraps gehou. As die wind opgekom het, dan het ek die DF bietjie meer opgesit en die res net so klein kolletjie gehou. Maar meestal het ek al drie net so 10c kolletjie gehou op die bol. Ek het nog baie vis daar buite gelos as ek net vroeer kon begin hengel het, maar ek is in my noppies met die uitslag.