Dag
Baie twee-stuk stokke het ongeveer n sentimeter+ gaping alvorens dit heeltemal in is.Ek verwys spesifiek na die ouer 2stuk Purglas en alle (selfs nuwe) Europese 2 stuk stokke (Zziplex/Century,2stuk is baie gewild in Europa)Ek neem aan dit is n ''spigot-joint'' met ander woorde die ''male-gedeelte of ''pen-gedeelte is aan die onderkant,alhoewel nie noodwendig nie.
Druk die punt in sover as wat hy redelik gemaklik ingaan, en draai die laaste kwart-duim of so in om die ogies op te lyn.Maak seker hy is ferm in deur op die joint vastehou met een hand en die stok bietjie te wikkel.Jy sal gou genoeg voel of daar uitermate speling op die ''joint'' is.As hy nommerpas sit ongeag die sentimeter ,los hom net so,as hy uitermate speling het ruil dit om.
Die sentimeter of wat speling word baie gebruik as n ''wear''indicator.Met ander woorde ,mettertyd sal die twee dele perfek teenaanmekaar sit.Dit is gewoonlik nader aan die einde van die ''blank se leeftyd,en kan letterlik eers na duisende ''casts' eers gebeur.
Dit pla mens in die begin maar as jy twee Tippex kolletjies maak regoor mekaar op die joint sal jy gou sien of die tip beweeg of uit trek wanneer jy cast aldan nie.Onnodige skuur op n ''spigot-joint''kan gevaarlik wees.
Groete
ns,Let wel hierdie raad is nie noodwendig van toepassing op alle multi-stuk stokke nie,maar meestal op 2stuk ''spigot-joint'' stokke waarvan die ''male-gedeelte op die ''base'' kant van die stok sit.