Tuna Kop

Osie

Senior Member
Hi Ouens

Ek gaan volgende week bietjie vaaldam toe en wil graag 'n groot baber vang.

Ons het 'n tuna kop by die huis in die vrieskas en toe wonder ek. As ek die kop so twee of drie dae in die son laat le, sal dit werk vir baber?
 

Kosie

New member
Osie ek weet vir n feit dat sardiens die ding doen, het nog nooit tuna gebruik nie maar my common sense se vir my dat dit sal werk. Ek sal dit net nie vir 3 dae in die son los nie, babers sal wel vrot aas eet maar ek persoonlik dink hoe varser hoe beter, ek dink dis eerder die bloed en olie wat die babers lok eerder as die vrot reuk. 5c
 

Osie

Senior Member
Thanks, die kop is redelik groot so ek gaan hom vol stop met vis binne goed en sal hom dan maar eerder vars hou.

Ek sal hom rig met die hoek en alles en dan in die vrieskas sit. Wanneer ek hom dan cast is hy nog gevries maar hy behoort vinnig af te vries in die water en dan die geure vry laat.
 

Skuimkop

Sealiner
Vries hom met nog bietjie bloed wat jy by jou local slaghuis sal kan kry en codliver wat jy by jou local apteek kan koop. Gebruik ook bietjie bom van Super cast (as jy dit gebruik) saam met daai vis wat jy die kop vol wil van stop. Dit sal die geur bietjie langer daar hou. As jy nou wil fancy raak en jy het baie tyd gaan koop leë kapsules by die apteek en gooi codliver met bloed gemeng daarin en sit dit orals waar jy plek kry op die kop in, maar vries hom vinnig daarna. Daai kapsules los maar stadig (gooi een in 'n glas en kyk) op en gaan dus heeltyd en baie langer vir jou daai geure afgee. As die kop nie te groot is nie gebruik die hair rig metode maar ek dink die kop gaan te groot wees. Kyk maar.

Ek dink persoonlik jy gaan mooi maak met die snoek kop. Laat ons asb weet hoe jy gevaar het.
 

Bottie

Member
Ek weet nie of ek nou net hongerb is nie, maar as die kop so 2 duim agter die kiewe afgesny is, smeer hom knoffel en olyfolie en maak n bottel wyn oop terwyl die viskop in die oond is, koop n pakkie hoenderlewers ,vir die vis. EK MIS MY VARS VIS.
 

Osie

Senior Member
@ Botie :hyst::hyst::hyst: Ek mis ook daai vars vis, hier by ons eet jy ou vis en dan word jy vir dae siek vra my het dit onlangs gehad.

 

Ok wel ek het die hele week om die viskop goed voor te berei so ek gaan die storie mooi bekyk en beplan. Die kop is nogal redelik groot so ek gaan hom lekker kan stop. Ek sal hom stop en vir julle fotos post en dan sien hoe gaan dit.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek weet daar is ouens wat met redelike groot koppe 'n hele botteltjie lennons duiwels oor die kop gooi, of jy kan 'n dip genaamd nkulu koop wat mg baits maak : Ruik soos sardiens.

Sterkte en onthou die pics. Dalk moet jy jou see-gerei vat vir daai monster! ;)
 
Top