Ek quote vir jou Marthin se post op 'n vorige thread:
Barble when taking the bait in my experience has 3 runs. 2 short ones and then the 3rd main one.
My opinion is the first run the barble just grabs the bait in the front of the mouth and moves away to get away from his buddies also wanting the food. The length and strength of this run depends on the size of the fish.
Second run. barble has now changed his bite on the bait, but has definately not got it in the mouth totally yet.
Barble now has the bait between those crushing plates before the throaht. This is the time to strike, and he's usually swimming off to some faraway den.
Nou die is wel baie die geval wat ek ook al self ervaar het maar dit is nie noodwendig altyd so op die letter nie. Partykeer vat hy hom al op die eerste run. Baie hang ook af van jou bait presentation. Hoeke MOET proud staan anders vra jy baie mooi om te sukkel. Ek het 'n baiting needle van 22 cm (sien pic) so ek plaas my hoeke letterlik net onder die vel van die vis en die res van die hoek steek dan uit. Met behulp van die tande stokkie verhoed ek dat die hoek 'plat val' teen die vis se lyf deur dit deur die ogie van die hoek te druk in die vleis in.
Nou vir die vaskap:
As jou stok so grrr grrr grrr het die baber nog nie die kos in sy bek nie en knyp dit net so tesun sy lippe vas. As dit stil raak en later weer grrr grrr grrr dan is dit gewoonlik kleintjies wat sukkel of soos ek sê met jou aas te speel. Indien dit kleintjie is kan dit die hele aand aan hou en die volgende oggend as jy in katrol is daar 'n babertjie aan jou hoek. Ek ruk sommer die baits uit die babertjie se bek as ek agter kom dis 'n klein babertjie en dit jaag hom gewoonlik die skrik op die lyf vir net lang genoeg vir 'n groter baber om by die aas uit tekom. Maar as dit 'n groot baber is wat so met die aas speel is die run gewoonlik kort hierna die ware Jacob omdat hy die aas dan meer aggresief vat. Anyway as die grrr grrr op gehou het en jy kry 'n konstante run grrrrrrrrrrrrrrrrrrrrr tel jou stok stadig van jou stand/mikke af op maar hou jou stok nog vertikaal. Draai die stok net so 45 grade of so na regs of na links sodat jy jou stok se punt kan sien buig as hy gaan weerstand kry as die vis aan die aas trek. Briek nou met jou hand jou die katrol terwyl die baber besig is met die run. Moet hom nie heeltemal met jou hand briek nie want al wat jy wil doen is meer weerstand op die bait sit om te bepaal of dit in die baber se bek is of nie. As jou stok se punt nou lekker buig en jy kan voel aan die stremming op die lyn die aas is stewig in die baber se bek kan jy lekker hard kap. Kap 'n tweede keer om die hoek net mooi te laat sit as jy voel die baber is aan veral as jy jou aas diep uitgevat het. Dis seker nie nodig vir die tweede kap nie maar dis hoe ek tewerk gaan. As die aas nie stewig in die baber se bek is nie sal die aas uit sy bek kom en jy kan dan maar jou stok weer terug sit op jou stand/mikke want die baber gaan nie lank daarna weer terug kom na jou bait toe nie. Die grrr grrr gaan van voraf begin as dit 'n kleintjie is en dis hier waar ek dan die bait uit die babertjie se bek ruk maar as dit 'n groot baber is behoort jou volgende run die ware Jacob te wees. Herhaal die proses hierbo totdat jy voel die aas is stewig in sy bek en kap dan. Moenie worry as die aas uit die baber se bek uitkom nie want hy gaan die aas nie los as hy klaar aan jou aas geproe het nie en moet dus nie inkatrol nie en los jou aas net daar, hy sal hom kom vat. Trust me!!!
Ek sny altyd die kop oop onder tesun die kiewe. Kop of kop en lyf of heel vis maak nie saak nie want ek wil daai geur uit kry.
Ja ek gebruik daai 'groot see hoeke' hahaha. Ek vang omtrent altyd groot baber ase met 'n 8/0 Mustad of 10/0 Daiichi hoeke (hulle is dieselfde groote) op tot so groot as 'n 12/0 Mustad met Karp koppe en groot vis ase. Vir kleiner ase soos hoender harte, hoender lewers, platannas, slakke en daai klas van baits gebruik ek Mustad 6/0 hoeke met 'n steel gly Mustad 4-0 hoek. As jy nie die hoeke het nie en omdat hulle maar duur is sal ek vir eers vir jou aanbeveel om vir jou die 6/0 en 8/0 Mustad hoeke te gaan koop todat jy die groot menere met groot baits gaan begin target dan kan jy kyk na die 10/0 en 12/0's hoeke.
Ps: Ek het nie vertroue in sirkel hoeke en van der Merwe hoeke ens nie alhoewel hulle vir baie ander ouens werk en die job gedoen kry. Dis maar 'n persoonlike voorkeur.