Top 30 Dips

Klokkies

New member
Shu, Fanie nie seker wat jy bedoel nie maar n mens kan jou lyn in hak en op die selfde afstand gooi.

lol. Maar waneer n ou sy stok op 140m in hak want hy is bang hy gooi veder as dit wil ek hom as my pen maat he.
 

Klokkies

New member
Vleipadda ek het probeer n antwoord gee op Naruto se vraag ek weet daar is baie mense wat ver oor die 140m gooi. Veral met jou setup die 16ft stooke help baie.
 

Naruto

Sealiner
met 0.18mm lyn en n P4 sonder aas of mieliebom het ek gereeld al 145m(nadat ek die slack uitgehaal het) gekry. Ma nes mens die aas en mieliebom bysit daal daai afstand aansienlik.
 

PI

Senior Member
Air resistance...?

Its like space shuttles: there more air resistance, the more thrust you will need to get it further.

That's my 2c
 

christodeb

Senior Member
Die afstand verskil tussen 'n skoon lood en 'n gewig met 'n bol en aas aan, kan tot 30meter wees. Daar is soveel faktore wat gooi afstand kan affekteer bv 'n ligte wind van 5 tot 10kmph kan tot 15meter uit jou afstand haal.

Om 'n idee te gee van die bostaande stelling. Ek het elke gooi verlede week gemeet. Die kortste gooi was 145m met 'n P4 en 'n bol. Die verste een was 165m met 'n P5 en 'n bol. Die wind was amper doodstil die hele dag, maar met tye was daar 'n ligte briesie en dit het nogal baie uit die afstand gevat.

Ek hou gladnie daarvan om gooi afstande te bespreek nie, want ek voel daar is heeltemal te veel mense in die game wat fantasie afstande het, en nie werklike akkurate afstande nie. Die bogenoemde afstande het ek werklik gegooi, maar ek wou dit eerder gebruik het om die punt te maak van hoe belangrik dit is om op die regte plek te gooi.
 

Klokkies

New member
Ja nee dink julle ouens is ook skrikerig om ver te gooi met die bol want hulle is bang die ball kom af. Maar met n skoon P4 of 5 het hulle nie daai sielkundige ding nie.

Maar se vir my hoe akuraat bly jy gooi op 145 to 165 meter. Soos in kol gooi op daai afstande.

Dan hier is n kort opsomming wat ek het as jy ver kan gooi met n tennis bal sal jy ook ver gooi met jou stok.Die aksie uit die jeupe en skouers is baie die selfde so dit help op die tegniek.Dan ook jou lyn katrol leader stok dink ek maak ook n groot verskil.Dan nog iets wat dalk in verhouding kan staan met jou gerei is hoe jou gerei by jou pas jy kan nie 1.5m lank wees en verwag jy gaan 180m met n 16ft stok gooi nie.

Soos alles moet syncronise Regte gerei verhouding en dan moet jou gerei goed in verhouding met jou bou en lengte wees.

Dis maar wat ek se.:wfish:wfish
 

christodeb

Senior Member
Ek glo die gooie moet ten minste in n 15m radius bly op daardie afstand. Onthou net dat daar nie veel voer agterbly nie, so die kol effek is minder.
Ek stem saam dat jou gerei jou moet pas. Ek is 1.68 lank en kan net net met n 13ft stok regkom. Baie mense gaan verder gooi met n 12ft stok as met n 14ft of langer.
 

Vleipadda

Senior Member
Eks maar bietjie van n kortgat 1.76 maar het op skool reeds met n 14 & 15 ft begin hengel , ekt daai tyd met n onderwyser se 16ft conoflex gevang na my stok gekalf het en dit het my gepas . Dis seker maar n persoonlike keuse ann die einde van die dag
 

Skuimkop

Sealiner
Vleipadda wrote:
Eks maar bietjie van n kortgat 1.76 maar het op skool reeds met n 14 & 15 ft begin hengel , ekt daai tyd met n onderwyser se 16ft conoflex gevang na my stok gekalf het en dit het my gepas . Dis seker maar n persoonlike keuse ann die einde van die dag
Vleipadda ek dink jy slaan die spyker op die kop daar. Ek is bietjie langer (1.86) as jy maar ek sal verseker met jou 16 ft'ers sukkel.
 

Naruto

Sealiner
so as ek wil verder gooi sal ek moet leer dans sodat my heupe en lyf ens lekker kan syncronise...lol!
 

Klokkies

New member
Lol, dit is maar soos elk een glo , wat vir een persoon werk werk dalk nie vir n ander nie en wat een ou glo glo n ander nie. Dit is maar mense se verskilende mense se menings en ek dink dit is lekker om almal se menings te hoor.::slr::
 

Optimus

Member
Om my 2c in te gooi. Met ñ korter stok gaan jy beslis vinniger deurkom en dit beten dat jy die bol beter weg kry as met ñ lang stok. Ek het dit ondervind onlangs op ñ vergooi komp dat ek verder so 22m met ñ 12ft stok gegooi het as met my 13ft. Die lyn ,katrol en gewig was dieselfde. My vrou is kort en sy gooi met haar 10ft so 15 m korter as met haar 12ft stokke. Ek sê dus kort persone moet nie langer stokke as 12ft hê nie. Ek voel ook dat jy beter met ñ korter stok op ñ kol kan hengel.
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek is 1.75 (ook kort) en gooi gemaklik met die 13 ft stokke, ek sal egter nie langer gaan nie. Een kompetisie gooi ek met 10 ft stokke en daar was 2 kort vroutjies langs my en hulle het net sover gegooi as ek met hul 10 ft stokke.

Hier is my Battle Box gereed vir aksie. Ek het egter net 50ml's in en die baie bomdips (100ml's) is in my groot kas.

Ek sal egter net 'n bunspice wil byvoeg maar daar is nie plek nie lol.

2 x Moirs Caramel Essence.

1 x GTV Jan van den Heefer
1 x Banjo (Tri Me) Supercast
1 x Tripple "D" Supercast
1 x Legend Supercast
1 x Chakalaka Supercast
1 x Plakker Supercast
1 x Excellent Almond Trucella
1 x Carp Cream Supercast
1 x Devils Fork Supercast
1 x Pink Sweets Vaskap
1 x Paint Supercast
1 x Witbaas Trucella
1 x DR T Fluoro Supercast
1 x Q 35 Goldstar
1 x Ox Blood Supercast

1 x Stywe Lyne Braam Stolz

1 x Molasse en Banjo deur Brakkanjan
1 x TCP en Almond deur Brakkanjan
1 x Honey en Banjo deur Brakkanjan
1 x Caramel dip (Kan nie onthou deur wie gemaak)

1 x Cinna Floats
1 x Honey Glow Floats
1 x Peach Floats
1 x Pink Sweets Floats
1 x Caramel X Floats

1 x Almond Mealies
1 x Bunspice Mealies
1 x Bloutrein Mealies
1 x Honey Mealies

XX Leaderlyn en poliesmanne ;)
 

Attachments

  • S5001993.JPG
    S5001993.JPG
    58.4 KB · Views: 208

christodeb

Senior Member
Ek het net 30 dips in my kas, en dit is nogsteeds te veel. Die enigste rede vir die ander 10 is as daar dalk met iets snaaks op 'n SA's gevis word. My kas is ook baie kleiner as die gewone. Sal later foto's post.
 

Vleipadda

Senior Member
Ekt jare terug n dip gekoop eintlik n paar wat nog in my kas is en in 10 jaar nog nooit iets daarmee gevang nie bv Shitty Barber
 

Skuimkop

Sealiner
Jy moet bietjie gaan ruik of daai Shitty Barber van jou nie af is nie. As hy so sagte bubblegum/heunig reuk het kan jy hom maar weg gooi want dan is hy af. :hyst: Whahaha
 
Hi Guys,

I saw something really interesting the other day.  A casting technique that if perfected could really work i am sure.  So here goes, Place a p4 with bom ontop of a small bait bucket directly behind you. Use the half the length of your leader as a marker from the bol to the tip of your rod.  With the rod fully extended  behind and the leader line,in line with your rod and parralell to the ground you pull the bol off the bucket creating a "Power Cast". Sounds really weird but for ave guys to easily place a bom over 140m must be some method to the madness. I believe Dewald from supercast has perfected this.  Saw  Gertus at our last comp send boms out like I have never seen before.

Has anyone else seen this being used?
 
Top