Hi DJP,
Aangesien ek in die IT industrie is gaan ek vir jou vir jou n bietjie ander raad probeer gee.
Enige iemand kan n website bou maar nie enige iemand kan n goeie website bou nie.
Ek is seker daarvan as ek my agterplaas welding en sement meng vernuf gebruik sal ek n brug kan bou, maar dit gaan nie n baie goeie brug wees nie en ek dink nie baie mense gaan dit gebruik nie. Net so het ek al gesien dat ingenieurs websites bou maar die websites werk en lyk nie baie goed nie.
Behalwe vir die grafiese kant is daar is n klomp goed om in ag te neem as n mens n site bou: Goed soos (verskoon die Brits) site usability, content tailoring, search engine optimisation ens ens ens...
As n mens nie die goed in ag neem nie gaan jou site net in die res van die internet wegraak en jou kliënte gaan, of nie jou site kry nie of, hom nie en behoorlik gebruik nie die en dit weerspieël dan weer sleg op jou besigheid.
Ok, genoeg sales pitch...
Alhoewel dit goedkoper is, is die probleem om n site oorsee te host dat jy dan jou kliënte forseer om n bietjie langer te wag vir bladsye om te laai. Ook search engines, soos bv google, sal nie die content in n Suid Afrikaanse konteks rank nie wat moontlik n verskil gaan maak as al jou kliënte in SA gebaseer is.
Angus is reg, Hetzner is n baie goeie diens verskaffer. Hulle waarde vir geld en diens is puik. Daar is n klomp ander soos Internet Solutions, VOX/Datapro, Afihost ens ens... maar ek dink in terme van jou eie domain registreer en n kleinerige site opsit sal Hetzner baie goed werk want hulle verskaf n verbruiker vriendelike site wat vir jou toelaat om alles in een plek te administreer.
Sterkte