Ek gebruik een van daardie Grafton Everest lazy boy stoele, julle weet die een wat as jy in hom gaan sit skop daar 'n rusplek vir jou voete uit en jy kan die vibrasie aan die kant stel hoe hard jy dit wil he.
Ek is altyd laat vir die inweeg en vang ook geen vis nie--kan dit dalk my keuse van stoel wees???
Spot net, ek het baie jare gelede (79-82) redelik kompeterend varswater gehengel en selfs toe was daar al 'n debat oor, mag jy sit of nie.
Vergunning was gemaak dat jy by interklub wel mag sit, maar by enige provinsiale of kompetisies teen ander klubs wel nie.
Ek praat onder korreksie maar daardie tyd was die reel oor sit of nie sit nog deur die klub self bepaal.
Ek dink die byt tempo van die vis die dag, bepaal of jy gaan sit aldan nie.