Ek het gister by Boschkop Lemmetjie voer probeer.Hy is baie lig,bind nie sleg nie,maar ek eht regtig nie goeie resultate gehad nie.
Bruggie het langs my gehengel.Ons het dieselfde stroppe,aas en dip-kombinasies gebruik.Hy het eleke keer opgetel terwyl niks aan my kant gebeur het nie.
Die oomblik toe ek oorslaan Super Cast bom toe het my aksie dadelik opgetel.
Sal dit weer op 'n ander geleentheid probeer.Dit help nie om 'n produk af te skiet net oor een keer se resultate nie,maar gister was Super Cast beslis koning.