Theewaterskloof Barbel

LOANWOLF

New member
Good morning Gents,

I need info on Carp and Barber fishing in Theewaterskloof dam.
We are planning to spend the weekend there at the end of August and would like to get info on how active the Barber are around this time of the year and what they bite on.
I have searched the forum but there is not allot of info on this dam.
Any info would be greatly appreciated.

Kind Regards


^^..^^..^^..^^..^^..^^..^^..^^..^^..
 

Skuimkop

Sealiner
Vir Karp moet jy DIEP gaan. Banjo, lemon time, TAC en garlic werk goed en as die wind opsteek wat dit heelwaarskeinlik gaan doen moet jy vas staan want dan lyk dit vir my gaan die grooter Karps op die byt. Dan moet jy TCP en/of daai Onestone homemade uie dippie gebruik.

Onestone uie dip: Sny 'n ui of drie in kwarte. Sit in plastiek bak en strooi lekker dik met suiker. Los vir so dag of twee en jy sal sien dat die suiker die uie sous uit die uie trek. Gooi in botteltjie en whala, bob's your uncle.

Vir baber gebruik Karp koppe. Tuin slakke sal verseker ook daai tyd van die jaar 'n baie goeie roep wees. Target hulle net in die aand. Wade ook maar in en probeer jou aas so diep as moontlik uit kry. Moenie jou tyd mors in die dag nie. Ek kon nie onthou wanneer laas het ek 'n baber in die dag sien uitkom daar nie en ek vermoed dit is omdat die water so helder is in Theewaterskloof. Dis ook hoekom ek aanbeveel jy moet jou aas diep uitkry want daai ligte op die oewer skrik hulle af.

Vir 'n goeie spots is een voor die club huis 'n goeie spot vir 'n klomp kleiner karps. Die sal 'n goeie roep wees omdat mens deedae maar sukkel om iets te vang by Theewaterskloof. Die ander spot waar jy die groter vis kry is soos jy inkom en die vrugte boorde is aan jou linkerkant sal jy 'n sloot sien wat  van daar van die vrugte boorde af die dam inloop. Daar waar hy die dam inloop seker so twintig meter regs van dit moet jy sit. Daar is dan 'n gat voor jou en afhangede van die water vlak moet jy daai gat try raak gooi. Die dam sal seker lekker vol wees na die winter reenvals daai tyd so jy gaan moet skouers afgooi om daai gat te kry maar as jy dit reg kry gaan jy mooi vis vang. Daar is ook mooi babers wat daar uit daai gat kom.

As jy 'n inflatable of ander boot het doen jouself 'n guns en gaan gooi 'n paar lures by daai stompe wat uit die water steek heel links van die oewer vir Bass. Daar is rekord groote Bass by daai stompe en tot by die brug hoer op sal jy daai rekord size bass kry. Onthou net hulle is baie sku omdat die water so helder is en jy moet jouself maar 'infisable' hou.

Ps: As jy daai wind ken sal jy voorbereid gaan maar as jy daai wind nie ken moet ek jou net waarsku om voorbereid te gaan en nie te veel goed buite te he as daai wind opsteek nie want dan gaan dit nie meer vir jou nodig wees om dit op te pak as julle ry nie want dit gaan dan weg gewaai wees. Vat 'n paar ekstra tent penne, toue en cable ties om jou tent se pale te kan fix as hulle breek.

Good luck en enjoy.
 

LOANWOLF

New member
Hi Skuimkop. Dankie vir die Info. Sal dit defnitief gebruik en jou laat weet as ons iets gevang het.

Lekker dag.
 

Anthoney

New member
Dagse.

Ons beplan 'n trip Theewaterskloof toe oor 'n naweek in Feb.

Goeie of slegte idee? Hoe lyk die vangs daar?

:fishn
 

Skuimkop

Sealiner
Anthoney wrote:
Dagse.

Ons beplan 'n trip Theewaterskloof toe oor 'n naweek in Feb.

Goeie of slegte idee? Hoe lyk die vangs daar?

:fishn

Welkom by Sealine. Hoe later julle in Feb gaan hoe beter vir die wind faktor. Ek vermoed die dam gaan lekker gesak het en laag wees so as jy bogenoemde spot kan kry sal jy daai gat makliker kan raak gooi. Maar ja Februarie is gewoonlik van die beter maande daar.

Of daar op die oomblik vis uitkom sal ek nie weet nie miskien kan iemand anders jou hier help.
 

Skuimkop

Sealiner
Anthoney wrote:
Dagse.

Ons beplan 'n trip Theewaterskloof toe oor 'n naweek in Feb.

Goeie of slegte idee? Hoe lyk die vangs daar?

:fishn

Welkom by Sealine. Hoe later julle in Feb gaan hoe beter vir die wind faktor. Ek vermoed die dam gaan lekker gesak het en laag wees so as jy bogenoemde spot kan kry sal jy daai gat makliker kan raak gooi. Maar ja Februarie is gewoonlik van die beter maande daar.

Of daar op die oomblik vis uitkom sal ek nie weet nie miskien kan iemand anders jou hier help.
 
Top