the tazer

robyosh

Sealiner
Oeg, ek het darem nou omtrent lekker gelag!

Nie te lank terug nie, het ek iets gesien by die wapenwinkel wat my belangstelling geprikkel het. Die geleentheid was my huweliks herdenking en ek was opsoek na iets spesiaal vir my vrou.

Wat ek toe gesien het was 'n 100,000-volt, handsak-grootte tazer.

Die effekte van die tazer was veronderstel om van korte duur te wees, met geen lang termyn effekte op jou aanvaller nie, net genoeg tyd om jou toe te laat om na veiligheid te vlug.

Ek koop toe die apparaat en bring dit huis toe. Ek laai twee AAA batterye in die ding en druk die knoppie. FOKOL! Ek was so teleurgesteld. Ek het toe later geleer, dat indien jy die ding teen 'n metaal oppervlak druk en dan die knoppie druk, maak dit 'n blou "spark" tussen die penne. BRILJANT!


Ek moet nog aan my vrou verduidelik waar daardie brandkolle is op die voorkant van haar LG oond vandaan kom.

So daar sit ek alleen tuis met die nuwe speelding en ek dink aan myself dat dit kan nie so erg skok nie, ek meen, hy het dan net 2 AAA batterye in, NEE REGTIG!

Ek sit in my leunstoel, die kat lê uitgestrek langs my op die leuning terwyl ek die aanwysings lees. Ek begin toe dink dat ek regtig nodig het om die ding uit te toets op 'n objek van vlees, 26% bloed en bewegende teiken. Ek moet erken ek het gedink om vir kitty vir 'n fraksie van 'n sekond by te dam, maar toe gelukkig van plan verander.

Sy is so 'n soet kat en, soos meeste van julle reeds weet, die hel het geen gelyke soos 'n pissed off kat nie, maar, voor ek die ding vir my vrou gaan gee wil ek ten minste die versekering he dat die ding my vrou kan beskerm teen 'n mugger soos dit geadverteer is. Nie waar nie?

Daar sit ek toe in my kortbroek en my rugby ondersteuner trui aan, met my leesbril delikaat op die brug van my neus, aanwysings in een hand, tazer in 'n ander. Die aanwysings sê dat 'n een sekonde blast sal jou aanvaller skok en disorienteer; 'n Twee sekonde blast is veronderstel om spierspasmas en 'n totale verlies van liggaamlikke beweging aan te bring. 'n Drie sekonde blast sal veroorsaak dat die aanvaller inmekaar sal sak soos 'n vis uit water, enige blast langer as drie sekondes sou 'n mors van batterykrag wees.

Met al die inligting kyk ek na hierdie klein apparaat van omtrent 5 duim lank en minder as 'n 3/4 duim in omtrek; Regtig te oulik en tog net gelaai met twee klein ou AAA batterye dink aan myself geen flippin manier dat die ding skade kan berokken nie!

Wat volgende gebeur is moeilik om te beskryf, maar ek sal my bes doen.

Ek sit alleen daar, die kat kyk op met haar kop een kant toe gedraai asof om te sê, "Moet dit nie doen nie”. Ek redeneer toe dat 'n een sekonde bars van so 'n klein ou dingetjie kan tog nie so erg wees nie. Ek besluit ek gee myself 'n een sekonde blast net vir die hel daarvan. Ek haak die penne stewig teen my naakte dy, druk die knoppie , en moeder van @@@!!!!, wapens van massa vernietiging, k@k op 'n stok, f@%26$ my George!!!!! Ek is seker die Blou Bul span het bo oor my gedraf, my opgetel en my oor en oor op die mat neergemoer en toe net vir die pret die leunstoel op my kop gegooi het.

Ek het so 'n vaagweg herhindering van wakker word op my sy in die fetale posisie, met trane in my oë, my liggaam deurnat met iets wat ruik soos pis, albei tepels wat brand soos vuur, my eiers nêrens te vinde nie, met my linker arm onder my liggaam ingedruk in die snaakste posisie, en naalde en spelde in my bene. Die kat staan oor my maak meow klanke wat ek nog nooit voorheen gehoor het nie en sy lek my gesig, ongetwyfeld dink sy vir haarself, doen dit weer, doen dit weer, jou onnosele d00s!

Asseblief, luister na die raad uit ondervinding geleer - daar is geen sodanige ding as 'n een sekonde blast wanneer jy jouself zap nie!!!!. Jy sal nie die ding kan los tot dit nie uit jou hand uitgeruk word deur 'n moerse slag nie.

'n Minuut of so later (ek kan nie seker wees nie, tyd was 'n relatiewe ding op daardie punt), het ek my verstand gekollekteer (die bietjie wat oor was), regop gesit en die wereld bekyk. My gebuigde leesbril het misrabel op die mantel gehang. Hoe het dit daar gekom? My triceps, regter dy en beide tepels was steeds teer. My gesig het gevoel asof ek 'n oordosis novocain ingekry het, en my kaak het lusteloos gehang asof my onderlip 88 lbs geweeg het. Terloops, teen die tyd het my eiers gevoel of hulle tot binne in my liggaam teruggetrek het tot êrens rondom my ribbekas, en nou wag vir die "alles skoon" sein voordat hulle uit die bom skuiling sal te voorskyn kom.

Ek weet nou hoe die Tom Hanks karakter gevoel het toe hy moes gaan soek het vir Privaat Ryan . Ek voel ek behoort 'n beloning aan te bied vir hulle veilige terugkeer.

Tot vandag toe ondervind ek dat alles krimp sodra ek iets in 'n muurprop indruk.

So indien jy ooit genoodsaak voel om jouself te wil "mug" met 'n tazer om hom dit te toets, neem my advies! herhaal die sin. . . hier, kitty kitty. . . .
 
Because of the nature of my work i'm required to carry a non leathel weapon as well as a fire arm. The company supplied us with a taser x26. It looks like a pistol but has a block cartridge werin sits 2 darts that is connected to the taser by an electrical wire. I've been shocked a few times by hand held taser's or shock sticks and yup they hurt like devil took u for a few rounds. In order to carry the taser x26 we had to learn how to use it and had to know wat the affects felt like. The only way for this to happen was to be shot by 1. The object of the exercise was for me to run at my partner and "stab" him with a rubber knife before he could "drop" me wit the x26. I'm over 115kg and at full sprint i'm not easy to stop. So i will win this easy rite. Well i made a few strides and then i met the devil and hellfire was burning through every muscle in my body. I heard some strange animal sounds weird cause we were not near any animals. Turned out it was me screaming shouting and crying. I remember only waking up with snot on my cheeks and my body shivering like a drug addict needing a fix. Wat felt like an eternity had lasted only 5 seconds , the longest 5 seconds of my life. The best part of it all was when i had to return the favour and shoot my partner. The image of a grown man crying and shaking like that still haunts me till this day. Neva eva play with those things, they do hurt believe me.
 
Top