Terrace

AB777

New member
Ons was 20 mans wat Henties en Terrace toe was vanaf die 5de Maart tot en met die 14de.

Ons het 3 nagte in Terrace geslaap en 5 in Henties.

Die pad Terrace toe is die beste wat ons dit nog ooit gery het. 'n Mens moet net bewus wees dat jy by die hek permit fooie moet betaal. Vir ons 5 bakkies was dit R3 750 gewees. Ek het geweet jy betaal 'n fooi by die hek, maar het nie geweet dit het so op gegaan nie.

Ons het ongelukkig slegte weer gekry in Terrace met baie systrome en die see was vol gras. Daar het hier en daar vis uitgekom, maar het hierdie plek nog nie so sleg beleef nie. Ek besef dis die weer en nie die plek nie, ons het dit maar net sleg getref.

Die manne het het darem lekker gekuier en ons was weer oppad Henties toe.

Die see het gedraai en die Woensdag, die 11de, het dit sommer baie beter gegaan. Ons het van Canopy tot en met Horingbaai gehengel. Ons het so 60 kabeljoue en so paar mooi steenbras gevang. Een Steenbra van 9.5kg.

Die volgende dag was die see weer so plat soos 'n spieel. Daar was baie jong kabeljoue in die water. Jy vang so 4 en hou een. Ten minste het die vis gebyt!

Die Vrydag oggend het ons net die oggend gehengel om die middag te kan reg maak vir die pad huistoe. Een van die manne het 'n mooi 12.5kg steenbra sommer vroeg die oggend gevang. Dit is nou hierdie een waaroor jy by die huis lê dink en die volgende trip weer beplan.

Ten slotte, Namibië is 'n plek van stories, hier maak jy herinneringe wat by jou sal bly tot jy jou kop eendag neerlê.

Ek heg 'n paar foto's aan:
 

Attachments

  • Samsung 19-3-2015 313.jpg
    Samsung 19-3-2015 313.jpg
    32.4 KB · Views: 403

K@llie

Member
Lekker verslag en mooi visse,Henties het n manier om n ou elke jaar weer terug te lok. Ek gaan hierdie jaar Julie maand daar n draai maak.
 

Toobster

Senior Member
Baie gelukkig met jul vangste!
Namibie is darm n lekker plek. Ek onthou nou nog die trip saam my pa en 6 van sy vriende in die Henties omgewing. Ons het behoorlik onder die kabeljou en veral steenbras baljaar. Grootste steenbras was n 14kg en n dik vis.
Groete
 
Top