Stupid people....

gabba69er

New member
Man vas wat graskarp in damme gooi




Elise Tempelhoff

’n Man het gister in die hof in Middelburg verskyn weens die onwettige invoer van Chinese graskarp wat hy toe glo verkoop en in plaasdamme losgelaat het.

Mnr. Deon Erasmus (43) van Pretoria is eergistermiddag by ’n plaasdam in die omgewing van Middelburg in Mpumalanga in hegtenis geneem terwyl hy na bewering van dié uitheemse vis in ’n plaasdam gegooi het.

Mnr. Francois Roux, akwatiese wetenskaplike van die Mpumalanga-park- en toerisme-agentskap (MPTA), het gister gesê Chinese graskarp wat in riviere beland, kan ekostelsels uitwis.

Die MPTA gebruik wel Chinese graskarp as biologiese beheeragente onder “baie streng kontrole” om watergras uit te roei wat in damme vervuil. Die Chinese graskarp wat die owerheid gebruik, is egter spesiaal geteel en is steriel. “Hulle kan dus nie aanteel nie,” het Roux gesê.

Hy het gesê as Chinese graskarp sonder beheer in damme gegooi word en later in riviere beland, kan dit ’n ekologiese ramp tot gevolg hê omdat dié uitheemse vis “alles verorber wat in sy pad kom”.

Een so ’n vis vreet daagliks dieselfde hoeveelheid plantmateriaal as sy eie massa op. Van die visse weeg tot 40?kg en verorber dus daagliks plantmateriaal van 40 kg.

“As ons dié vis in ons riviere vrylaat, sal dit binne ’n oogwenk in modderslote sonder enige lewe verander,” het Roux gewaarsku.

Roux en lede van die polisie se watervleuel het sowat twee weke gelede gehoor van ’n man van Pretoria wat Chinese graskarp uit Israel (waar dit ook geteel word) invoer en teen R50 per vis aan boere verkoop. Die MPTA verkoop die steriele vis, wat met ’n spesiale skyfie toegerus is, teen R150 stuk aan boere. Sodra die vis ’n dam “skoongevreet” het van die gras, word hy uitgehaal en kan hy hergebruik word. Hulle leef sowat 15 jaar.

“Nadat ons gehoor het van dié man wat die vis verkoop, het ons dadelik met ’n ondersoek begin omdat ons weet van die verwoestende gevolge wat dié vis vir ons ekostelsels kan inhou.”

Die man het glo reeds van die vis aan enkele boere in Limpopo verkoop, het Roux gesê.

Die ondersoekspan het Sondag beslag gelê op Erasmus se bakkie, 155 Chinese graskarpe en die kiste waarin hulle na bewering deur die O.R. Tambo-lughawe ingevoer is.

Erasmus is nie gevra om te pleit nie. Hy is op borgtog van R1 000 vrygelaat en moet weer op 23 September in die hof verskyn.


  • Roux het mense wat weet waar van die Chinese graskarpe vrygelaat is, gevra om hom te bel by 013 235 2395/1673. [/*]
 

Jafta1

Senior Member
Snaaks dat hulle nou bekommerd is oor "steriele" graskarp veral nou dat die hele Vaalrivierstelsel vol van graskarpe is en die Olifants van onder Loskop tot in die wildtuin Chinese silwerkarpe het. Ek het in Groblersdal 20 jaar terug al graskarpe van oor die 10kg gevang. Hierdie is nie iets nuuts. Plaas dat hulle onwettige nettery stop en Deon los om te help om die probleme met gras in damme op te los. Of wag, miskien sal dit ook help om die besoedeling van die Olifantsrivier te stop wat lei tot die uitwissing van al die krokkedille van Loskop tot in die wildtuin. Seker makliker om op Sondae mense in te wag by plaasdamme. Mr. Roux, hoop nie jy verwag ek moet eendag weer 'n lisensie uitneem om jou salaris te betaal.
 

Jafta1

Senior Member
Snaaks dat hulle nou bekommerd is oor "steriele" graskarp veral nou dat die hele Vaalrivierstelsel vol van graskarpe is en die Olifants van onder Loskop tot in die wildtuin Chinese silwerkarpe het. Ek het in Groblersdal 20 jaar terug al graskarpe van oor die 10kg gevang. Hierdie is nie iets nuuts. Plaas dat hulle onwettige nettery stop en Deon los om te help om die probleme met gras in damme op te los. Of wag, miskien sal dit ook help om die besoedeling van die Olifantsrivier te stop wat lei tot die uitwissing van al die krokkedille van Loskop tot in die wildtuin. Seker makliker om op Sondae mense in te wag by plaasdamme. Mr. Roux, hoop nie jy verwag ek moet eendag weer 'n lisensie uitneem om jou salaris te betaal.
 

Fanie

Sealiner
Wat die persoon gedoen het is beslis nie reg nie, dit kan verreikende gevolge he vir ander vis spesies.  Dit is ook wel bekend dat vis nie van een oord na 'n ander mag versprei word nie juis as gevolg van die probeleme wat mag ontstaan.

Aan die ander kant is ek nie seker hoe die hof hom kan beboet nie - as mens net sien in watter toestande van die damme is dan is dit eintlik 'n grap dat die publiek vir oortredings geroskam word maar die regering laat toe dat vernietiging plaasvind deurdat hulle die bronne in elk geval nie in stand hou nie. Mens kan seker nie iets meer breek as stukkend nie.

Ek het eergister 'n natuurberwaarder in die Fruit & Vedge raakgeloop en hom so bietjie gekonfronteer oor ons damme se toestand. Hy se vir my hulle doen wat hulle kan, maar alle pogings om iets te doen loop dood by die uitvoerder, wat die regering is.

 

 

 
 
Top