Stroppe - Skaglyn Lengte

More Mense,

Hoop alles gaan goed.

Ek gaan die naweek bietjie lyne nat maak en het gister aand sit en stroppe maak. Gewone Rietvlei Gly stroppe met n Link System.

So tussen deur die stroppe maak het die volgende vraag by my opgekom.

Die lengte van jou skag lyn.  Baie manne se dit moet 30cm wees. Hoekom? Watse verskil maak die lengte van jou skaglyn nou rerig?

Ek besef jy kan hom nie te lank maak nie, anders gaan jou clip swivel mees moontlik deur jou eerste ogie wanneer jy gooi en ja, ons almal weet wat gebeur dan. Aan die ander kant kan jy hom nie te kort maak nie want dan is jou strop so sensitief soos jou Skoon Ma so basies, is die lengte van jou skag lyn jou eie keuse tussen sekere lengtes en of is daar n meer wetenskaplike rede bv hoekom party manne hom presies 30cm maak?
 

TimJan

Sealiner
Hi geen pro nie maar dink dis maar net n standaard wat almal gebruik. Op 30cm as jy jou gewiggie wil verander gee dit jou daren n kans of 2 om jou knoop af te sny en weet oor te doen.
Plus dit is lank genoeg vir die boonste hoekie om rond te 'gly'.
Ek het nog nooit n verskil agter gekom as jy hom langer of korter maak nie?

Maar sal graag wil hoor of iemand anders dink of weet dat dit n verskil maak?
 
Ek gebruik Super Links so kan my gewig verander sonder om nuwe knope te maak. Ek maak skag lyn redelik lank.
Ek sien nie die doel om dit kort te maak nie.

Iemand het al vir my gese dat dit maak n verskil wanneer daar slik/modder op die bodem is wat ek kan insien maar as daar nie is nie gaan n lang skag lyn in elk geval ook werk.
 

Barbelman

New member
Volgens die pro's, soos die ouens op Supercast se DVD's se hulle dat hulle vind 30cm die beste werk op average. Hulle het al langer en korter gebruik en getoets, maar kom glo altyd terug na 30cm toe. Dit geld nie net vir hulle nie, maar ook vir hulle vriende en kolegas waarvan baie Protea hengelaars is.

Myne is oneindig lank :cool:
Want ek vang net met een hoek en n totale free running rig.
 
Top