JPS, jammer ek antwoord nou eers, maar ek sukkel met 'n sein op Knysna.
Saterdag 7/4. Het eers 9.30 begin tot 18.00.
Stok 1. 110m, Vaaldamstrop,Daiichi no. 2 hoeke.
Sagte Bunspice floatie met swd, onderste hoek, en net 'n swd bo. Boldips, Gatvol, Perdeby en 'n druppel FX. 4 vis. Almal op die floatie gebyt.
Stok 2. 75m, Rietvlei gly, Daiichi .08.(Het later oorgeskakel na#1 en#2 toe, want ek het 5 visse verloor)Boonste hoek:Sagte heuning floatie en swd. Onder swd. Wanneer ek 'n bietjie Peach Perfection op die swd gesit het, was die byttempo tussen 9 en 25 minute.
Boldips:Oxblood en Stuttafords, somtyds 'n spuit GP rooi, die wind het bein waai. 8 vis gekry. 6 daarvan op swd hoek. Ek moet meld dat ek 10 voerbolle ingegooi het voor die sessie.
Ek gaan kyk of ek die ander twee dae se report ook vandag kan doen, maar die sagte lyfie praat klaar van winkels wat oopmaak.