Stok

Kerneels

New member
Ek is op soek na n stok vir iemand wat nie baie bass vang nie, sy gaan miskien 4 trips n jaar doen.

Watse stok sal julle voorstel, prysklas R100-R200

dan soek ek vir myself n katrol, ek het n shimano Alivio 2500 mal oor hom, en dan n Abu garcia 2500lp wat ek bietjie mee sukkel om ver tegooi, sal julle se oegen net met die abu of sal julle n ander katrol voorstel?

baie dankie
 

FRITZABU

Sealiner
As jy van tyd tot tyd in Pta kom ? Jy welkom om te kom draai maak . Bring sommer die ABU saam laat ek kyk hoekom hy nie wil reg werk nie . Fritz 012 3793828
 

Kipi die kingfisher

Senior Member
Soek jy 'n baitcaster of 'n koffiemeul? En watse prysklas?

Met die stokke in daai prysklas is dit maar baie moeilik. Nie regtig 'n groot verskil nie. Ek het 'n lekker daiwa Megaforce stokkie vir R160 by Gani's op getel vir ligte gerei hengel.
 

Kerneels

New member
ek soek n koffiemeul, vir een of ander rede gooi ek BAIE verder met my koffiemeul... sal bietjie kyk na die Daiwa, watse lente stel jy voor?
 

Kipi die kingfisher

Senior Member
So in die omgewing van 'n 6.6 sal baie goed werk.

Hang af wat jy wil betaal vir die katrol maar daar is so baie goeie koffiemeul katrolle op die mark. As ek jy was sou ek by Shimano of Daiwa bly. Ek het 'n daiwa procaster en wow wow dit is 'n ongelooflikke katrolletjie ma hy gan jou so R500 kos.
 

Kerneels

New member
dankie manne, so julle se n 6.6 is lank genoeg en as ek hom somer vir kurpers ook wil gebruik is hy reg of moet ek dan na langer kyk?
 

Luds

New member
Hi daar

ek het n daiwa megaforce in 6.6 en n 7 voet nou al vir 8 jaar en albei is nog 100. die 6.6 kan jy vir kupers ens ook gebruik. vir wat n ou betaal glo ek nie daar is beter waarde vir geld nie.
 
Top