Step by step as how to fillet a fish. What you wi

JasonF

Sealiner
Simen ek het ook een van daai bandjies en ek glo ool in hom al is dit in die kop. Ek het Desember laas geval en tot my spyt was dit langs Marthin. Ek het n bynaam gehad loop en val.
 
Fanie

Sealiner
Ok, ek het nog nooit sulke goeters gedra nie, behalwe een keer op skool en my pa wou my agterent velle aftrek, toe het ek besluit dis minder seer so as om die meisies te beindruk. 

Ek het wel al gesien die ouens dra koper armbande vir jig... as jy nou 'n ring vir elke skeet moet kry gaan jy naderhand soos 'n Ndebele ousie lyk !  Jy kan op die foto sien hulle het nie 'n pyn van 'n dag oud nie :-D
 
Attachments

  • Ndebele.jpg
    Ndebele.jpg
    90.1 KB · Views: 136

JasonF

Sealiner
Marthin is dit die boek wat jy soek. Vyf uitgawes: 3 uitgawes in 1985 en 1 uitgawe in 1986 en 1 in 1987. Ten bate van die SA Polisie Geriewe en Bejaardefonds.
 
Attachments

  • IMG-20110620-00152.jpg
    IMG-20110620-00152.jpg
    66.9 KB · Views: 138

Fanie

Sealiner
My ou heks ne', se daai boek word elke jaar weer her gepubliseer. Die een wat sy het is al die veertiende druk en daar is na' die een nog 'n hele klomp vrygestel.
 
JasonF

Sealiner
Jy is reg Fanie my vrou het my ook nou reg gehelp. Ek het maar net getik wat die boek se. Marthin dit is die boek met die smoor snoek resep in. Gedruk in 1987. Jy weet waar my huis is.
 
Marthin

Sealiner
Kwaai!!! Dit is die een daai! Fool proof pannekoek resep ook daarin! Sal plan maak om daar om te kom,
 
ian bergh

Member
JasonF wrote:
Jy is reg Fanie my vrou het my ook nou reg gehelp. Ek het maar net getik wat die boek se. Marthin dit is die boek met die smoor snoek resep in. Gedruk in 1987. Jy weet waar my huis is.
Ek sal self baie graag n kopie van daardie boek wil he!!! Ek sal dit net fotokopie en die selfde dag terug bring.

Dit is in daardie tiepe kookboeke waar jy oorspronklikke disse kry wat aangeleerde resepte bevat wat van generasie tot generasie oorgedra is en baie van verlore geraak het.

 Ons Afrikaners se tradiesies en gewoontes is vinnig besig om te verdwyn a.g.v. hoe die wereld en ons eie omstandighede verander het in die laaste paar dekades.

So, hierdie tiepe leesstof moet bewaar en waardeur word en dus soos goud opgepas word!! "In fact", ek sal dit by jou koop vir n biddelike bedrag!
 
JasonF

Sealiner
ian bergh wrote:

Ian ek hoop jy het n mobile copier. Die boek sal my vrou nooit uit die huis laat gaan nie. Te veel sentimenteele waarde aan die boek. Sy het wel gese dat die boek bestel kan word deur Keur(Tydskrif)
 
Ek verstaan heeltemal. Ek raak maar net so lieries oor sulke klasieke kookboeke. Sal vir Keur kontak en een bestel.
 
Fanie

Sealiner
Ek hoor Playboy en Mayfair het net sulke wille kookboeke.
Nou ek het hulle nog nooit self gesien nie maar ek het gehoor...
 
Fanie

Sealiner
Rina se daars 'n hele swerm kookboeke wat elke kort-kort uitkom. Tot huisgenoot het ook sulke kookboeke.

Mens sou dink na al die jare se oefen en toets almal weet hoe om wat gaar te maak wat die maklikste lekkerste is, maar nee. Die vroumense lyk my chop en change alles elke kort kort - nog nooit een teengekom wat hulle mind rerig opgemaak het nie.

Dis soos wanneer Rina vir my vra of ek meer daarvan hou as sy die aartappels so' gaar maak soos die', of soos sy dit altyd doen. Sug. As ek se nee, soos sy dit altyd doen dan is die' mos nou weer nie goed genoeg vir my nie. As ek se nee die' is lekkerder dan was dit wat sy voorheen gemaak het nou weer nie goed genoeg vir my nie. Nooit reg nie. Honde lewe. Ek byt sommer die kat.

Ek moet se as ons self kos by die water moet maak dan werk mens se vroulike instink maar die heel beste... ons het nie resepte boeke wat ons saam vat nie en ons eet so' gesond dat as ons weer in die beskawing terugkom dan bestorm ons die eerste slap chips plek wat voorkom.
 
JasonF

Sealiner
Die naaste wat ek kom aan kook is in n drie poot pot. Die beste potjie wat ek nog gemaak het is n moerby pot. Die enigste ding wat ek bak is n brood in n platboom pot op kole. Verder is ek en die kombuis nie groot maats nie.
Jammer vir die Hi-Jack Simen, maar Marthin het dit begin met sy navraag oor die boek "Knuppel dik aan Konings kos".

Jy moet maar die onderwerp skoonmaak en sluit of vir my blok om verder op die een te antwoord.
 
Fanie

Sealiner
Kook ? Nee genugtig mens braai mos as jy visvang.

Ons braai mos eintlik om die vroumense 'n klomp werk te spaar. Al wat hulle hoef te doen is om die vleis reg te kry, die slaai te maak, braaibroodjies reg te maak, tafel te dek, die skottelgoed te was en alles te bere.

Ons sal braai.
 
Top