St Francis Trip

fredzilla

New member
Dagse Manne,

Ek is vir wyle n lid op die forum en wil net vir julle ingeligte manne baie dankie se dat julle al julle kennis met ons deel. Ek het al ongelooflik baie geleer.

Ek hou tans n bietjie vakansie op St Francis en was gelukkig genoeg om die outjie te kon vang.
Wind was baie sleg gister en het besluit om met die wind van agter Anne Ave te hengel.
Ek het die vorige aand n stompie gevang en hom gehou vir aas. Ek het hom geflap en in geslide. Stok was seker 20min in toe my katrol begin loop.
Na seker so 10min was Raggie op die kant,nogal sports gewees om hom alleen te land. Dit was ook my eerste haai op n sirkelhoek. Die hoek het maklik uitgekom en ek kon hom vinnig weer in die water kry.
 
Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    34.4 KB · Views: 811

SKIDADDLE

New member
Hi Fred,

geluk met die vangs. Daar is nogal baie jong Raggies en Houndsharks in die baai by ST Francis en as die oostewind n paar dae gewaai het maak dit die water in die baai koud en gaan die haaie die Kromme Rivier se monding binne. Dit beteken groot sports op ligte gerei.
 
fredzilla

New member
Hi Skid,

Ek hoor die manne se hulle volop daar. Kan dink daai is groot sports.

Hier is nog een wat n maat van my Vrydag middag gevang het. Verder het ons n hoop vol sandies gevang en dan heelwat kolsterte en ander kleiner vissies.
Ons was gister op St Francis punt maar kon ongelukkig net die oggend hengel maar niks sinvols gehak nie.

Hoe lyk dit vang julle ouens nie edibles hier rond nie?
 
Attachments

  • image.jpg
    image.jpg
    30.2 KB · Views: 666

Kenty

Sealiner
fredzilla wrote:
Hi Skid,

Ek hoor die manne se hulle volop daar. Kan dink daai is groot sports.

Hier is nog een wat n maat van my Vrydag middag gevang het. Verder het ons n hoop vol sandies gevang en dan heelwat kolsterte en ander kleiner vissies.
Ons was gister op St Francis punt maar kon ongelukkig net die oggend hengel maar niks sinvols gehak nie.

Hoe lyk dit vang julle ouens nie edibles hier rond nie?
:cool:Thats a 49...whats the rod???
 
Top