SSEC:WC

Bonus Day : 11 June 2010(19h00)-12June2010 (19h00)

Nr: 1234

***Galjoen***

Tellies to be in @ 19h00 tomorrow

Photo's uploaded @ 09h00 14 June 2010
 
Wat 'n hectic dag was dit nie vir my nie!!! Ek het die oggend seker so 05h50 van my huis af vertrek oppad Muizenberg toe om aas te maak, toe ek by Mitchells Plain kom vanaf die R300 het my bakkie gaan staan....EINA!!! Anyway ek het maar gesukkel hier en gesukkel daar en kon nie die ou aan die go kry nie. Was baie de-:censin en kon nie glo dat my dag so moes eindig nie!

Het 'n vriend geskakel en sommer tjop tjop het hy my kom uithelp en nadat ons die bakkie afgelaai het by die mechanic (petrol pomp het sy gat gesien) het hy sommer besluit dat ons 'n lyn gaan nat maak no matter what! Ons het my visgoed oor gepak in sy Suzuki Jeep en is toe weg see toe, daar aangekom so paar maanskyne getrek en toe sommer lekker vis gevang. Jacques het 'n witstomp en 'n lekker vet gallie gevang en ek het 2 ondermaat galjoene en een kolstert gevang wat weer sy vryheid gekry het!

hectic dag,maar gelukkig is daar punte op die bord!!!

:addn:addn:addn
 

DJP

Sealiner
Ag nooit! Bly jy het darm reg gekom. Hoe ironies is dit nou nie, die enigste keer wat jy alleen gaan hengel en jou bakkie breek. Geluk met die kollie ek het darm ook enetjie gekry en 'n lutriene vol klipvisse op bloedwurm... my belman ontwyk my nog steeds...
 
Werk aan my Navara/Lite....lol

Nee, ek het 'n birthday party aan my Mystro's aan....daar na wrak toe stap vir die groot galjoene wat nou daar uitkom....I wish!!!

Hoekom vra jy?
 
Top