SSEC PEARLY BEACH

Ray Hall

Senior Member
hoe veel vis het julle manne toe gevang? hoe het die visvang gronde gelyk daai kant? Het nog nooit daar gehengel nie.
 
Ray Hall wrote:
killer strepie wrote:
Die water was so plat soos n dam en bietjie koud. Ons het te min vis gevang.

hoe moet die ideal kondisies wees vir daai area?

Hang natuurlik af waarvoor jy hengel, maar die water was maar aan die koue kant.

Ek sou sê, daar mos meer rol in die water gewees het. Die water was reg op sekere plekke vir kabeljou en steenies,maar nie geskik vir Gallies/bankvis nie.
 

Marthin

Sealiner
Die water was sondag bietjie warmer as saterdag, en sondag het kaspaas dit in n vlakkerige baai gemeet op so 12.5 - 13 grade... my voete het nog steeds frost bite...
 

kaspaas

Sealiner
Ironies soos dit is, het ek na die hele naweek se hengel in Pearly Beach oppad huis-toe Sondagmiddag laat by Kreeftebaai gestop om sommer na die water te kyk. Tannie Kaspaas was mos nie tuis om te bitch omdat ek laat terugkom nie... he he. Ek kyk toe daai bietjie skuimpies om daai rotsies en dink by myself, "Self, jy het mos 'n k@k-huis vol allerhande soorte aas in die kar wat teen hierdie tyd van die naweek al oor hulle beste is... try sommer 'n ou stukkie witmossel... net vir die hel daarvan". En so by my kool, tien minute later kom 'n net-net size Galjoentjie uit! Nog 'n halfuur gestaan maar niks verder gekry nie. Maar ek kan julle verseker ek het in 'n baie beter stemming by die huis aangekom, ha ha. Ek het daai Galjoentjie geslag en alleen so by myselwers gebraai en ge-eet...sug... salig.

O ja, die ironie van die verhaal is dat ek honderde kilometers gery het en 'n helse klomp geld aan allerhande "benodighede" spandeer het.... net om skaars 2 of 3 km van my huis af my eniste vis van die naweek te vang.:doh:doh
 

Ray Hall

Senior Member
kaspaas wrote:
Ironies soos dit is, het ek na die hele naweek se hengel in Pearly Beach oppad huis-toe Sondagmiddag laat by Kreeftebaai gestop om sommer na die water te kyk. Tannie Kaspaas was mos nie tuis om te ***** omdat ek laat terugkom nie... he he. Ek kyk toe daai bietjie skuimpies om daai rotsies en dink by myself, "Self, jy het mos 'n k@k-huis vol allerhande soorte aas in die kar wat teen hierdie tyd van die naweek al oor hulle beste is... try sommer 'n ou stukkie witmossel... net vir die hel daarvan". En so by my kool, tien minute later kom 'n net-net size Galjoentjie uit! Nog 'n halfuur gestaan maar niks verder gekry nie. Maar ek kan julle verseker ek het in 'n baie beter stemming by die huis aangekom, ha ha. Ek het daai Galjoentjie geslag en alleen so by myselwers gebraai en ge-eet...sug... salig.

O ja, die ironie van die verhaal is dat ek honderde kilometers gery het en 'n helse klomp geld aan allerhande "benodighede" spandeer het.... net om skaars 2 of 3 km van my huis af my eniste vis van die naweek te vang.:doh:doh
moenie worry nie kaspaas, het al baie gebeur!!!
 
Top