Ironies soos dit is, het ek na die hele naweek se hengel in Pearly Beach oppad huis-toe Sondagmiddag laat by Kreeftebaai gestop om sommer na die water te kyk. Tannie Kaspaas was mos nie tuis om te ***** omdat ek laat terugkom nie... he he. Ek kyk toe daai bietjie skuimpies om daai rotsies en dink by myself, "Self, jy het mos 'n
k@k-huis vol allerhande soorte aas in die kar wat teen hierdie tyd van die naweek al oor hulle beste is... try sommer 'n ou stukkie witmossel... net vir die hel daarvan". En so by my kool, tien minute later kom 'n net-net size Galjoentjie uit! Nog 'n halfuur gestaan maar niks verder gekry nie. Maar ek kan julle verseker ek het in 'n baie beter stemming by die huis aangekom, ha ha. Ek het daai Galjoentjie geslag en alleen so by myselwers gebraai en ge-eet...sug... salig.
O ja, die ironie van die verhaal is dat ek honderde kilometers gery het en 'n helse klomp geld aan allerhande "benodighede" spandeer het.... net om skaars 2 of 3 km van my huis af my eniste vis van die naweek te vang.:doh:doh