SPRINGBOK KAMP

vossie2

New member
Hi Almal,

Ek gaan vroeg Feb 'n bietjie by die Springbok kamp hengel. Het nog nooit daar gehengel nie. Ek sukkel altyd by Biermans en Jim Fouche, en weet dit is gelee tussen die 2. Enige raad asb! ......... Moet jy vroeg vir baber hengel met 1 stok of is dit nie aanbevele nie. Le redelik goed in klub maar wil punte opmaak met ons laaste komp vir die seisoen.

Stywe Lyne
 

Kosie

New member
Vir karp werk perdeby mielies baie goed daar op +- 100m, as jy wil kan jy die bom in custard poeier dip. Ek vang meeste van my babers gedurende die dag daar. Maar vir groter karp en baber maak jou ase regtig groot daar, ek speel nie maak dit extra extra extra groot ander gaan jy net kleintjies kry, veral baber. Die ouens hou daar van om naby die bome te sitmaar ek persoonlikvangnog altyd heelwat beter biekie meer na die draai se kant toe. Sterkte.
 

Deeg

New member
Dis nie nodig om baie diep te hengel nie.....clip in op 60 meter met een stok.....jy gaan heelwaarskynlik daar bly! As jy wil sports he, gooi 'n klein muddie of grassie kop.As jy hom klaar gehak het, stamp eers die kop pap tussen twee klippe.Ek gebruik centre pins vir baber hengel, gelaai met 28 pond lyn.Ek stem nie saam met die groot ase nie....ek het al gehad dat die kleiner(5kg en onder) babers die groot aas ure lank rondsleep maar net nie gesluk kry nie...so jy kry heeltyd positiewe runs, maar hook nie die ding nie....kleiner babers kan maar ook uitkom as jy kompeterend hengel(en jy doen)....jy kry hulle vinnig uit!Sorg dat jy genoeg tuin wurms het as die kleiner babers begin byt.So 3 op 'n hoek.Geniet die hengel en laat weet ons!!

Goeie kombo vir karp is Peach Perfection/Stuttafordts met strepie perdeby, of Fx/Yellow Activator....op die naby kol!!KLEIN strepies dip.Vuurhoutjie dikte, so 2cm is genoeg.
 

Kosie

New member
Deeg jy is reg, ek hengel nie kompeterend nie so ek vergeet van die punte en dat die kleiner vis ook tel! Vrou lief het laas heelwat babers tussen 4-7kg gevang met karp fillets op so 50m. Tussen 50 - 80 m vang n ou die karp tot so +- 2.5kg, ek het die 4-6kg karpe nog net op 80m+ gevang daar waar die bodem begin uit "level".
 

Deeg

New member
Dis warm water om kompetisie size vis te soek....maar daar is GROOT babers....2kg karp se kop as jy deurnag hengel gaan jou besig hou.....jy is doodreg oor groot aas dan!
 

vossie2

New member
Dankie, self 'n liefhebber van peach en yellow activator. Ek wil regtig 'n bietjie gatskop die naweek. Skuld dit vir myself!
 

Ninja636

New member
I was at Springbok Kamp earlier this week, there are plenty of Barbers, if you using worms, you'll pick up small many barbers - 500g to 700g's. There was this other guy next to us who was only out for the big fish. He caught a 15kg barber using carp head as bait. The biggest Carp we caught was about 1kg, nothing bigger. This is a really nice place to go if you tired of wasting time trying to catch at other dams. Check this pic of the barber out
 
Top