Spots, tactics for Henties

JPC

New member
Hi there guys!
We plan to visit Henties from 18-28 April 2012. Last time I was there was in 2000! Ag pleasee some advice on where to start out fishing i.e. good spots and where one can buy fresh bait?
Thank you in advance for any info!
Kind regards
JP Celliers
 

WAJ

Senior Member
HI Jp

Jy kan seker nie meer wag nie, dit is nog n maand en n bietjie, ons ry oor n week. Die beste is maar om Sealine dop te hou, gaan by die search en soek die ouens se Henties baai reports, n ou kry dan n mooi perspeksie van waar hulle gaan en waar die vis was, onthou oor n maand is hulle dalk weer op ander plekke, as jy die water goed kan lees sal jy nie n probleem he nie, iewers het iemand koordinate opgesit van waar hulle orals gevang het en wat hulle gevang het oor n paar trips. Meeste aas kan jy daar kry by die tackle shops en ook by die skibbe bar, dis waar jy ook baie info gaan kry oor waar die vis loop, jy kan ook met Spyker praat daar, sy kennis oor daai kus is propvol

Hoop jy kom reg en enjoy dit
 

JPC

New member
Baie dankie WAJ! Jy is doodreg ou maat, ek kan nie meer wag nie! Twaalf jaar is 'n lang tyd!
Dankie vir die raad, ek sal so maak. Search ek bloot net Henties in die search fasiliteit en sien wat opkom?
Jy noem dat jy ook binnekort oppad is, jul moet dit baie geniet en stywe lyne!
 

WAJ

Senior Member
Yes JP, kan nie wag nie, ek is geolie en die katrolle ook. Ja sit net in Henties reports en jy sal sien hoe baie daar is en usefull info n mens kry, dit help my baie om daar te kyk en tips te vang, die vis is dees dae al hoe skaarser en n ou moet regtig die visse gaan jag, maar dit bly n avontuur

Mooi bly en hoop jy kom reg
 

JPC

New member
mooi so Kallie! Sal mekaar daar kry. Ons gaan by 'n plaaslike ou bly wat vriende is van die mense waarmee ons saamgaan en sy voertuig wat daar is gebruik so ek is nie seker watter reg. no nie. Maar ek sal vir jou uitkyk!
 

WAJ

Senior Member
Hi Jpc

Ons het ons kabeljou kwota in die eerste week vol gehad en die grootste was 8kg, galjoene by die duisende gevang maar almal onder maat gewees, so net 4 saamgebring, en 4 steenbras, wag vir fotos van n vriend en dan sal ek alles opsit, goed gevang by rondebos en adri se gat, die 2de week het die meeste uitgekom by canopy, maar verder was dit regtig lekker gewees.
 

JPC

New member
Ag lekker om dit te hoor man! Eks veral bly dat daar darem galjoen ook uitgekom het. Laaankal lus vir so 'n outjie! My oom-hulle was ook onlangs daar, so twee weke gelede en hulle vertel dieselfde van die kabeljou, baie gevang maar nie van die heel grotes nie! Steenbras minder genavg as die kabeljou. Dankei vir die inligting tov die goeie plekke! Ons ry volgende week Woensdag vroeg, sal ook fotos neem en kom opsit!
Groete!
JP
 

WAJ

Senior Member
Oom Douw van Sittert van Keimoes het by Adri se gat, 2 ure voor hoog, eers n 14kg kabeljou gevang en sy 2de gooi n 18kg, daai oom weet presies wat en waar, hy is 59jaar oud en bly n yster, julle moet dit baie geniet en veilig ry, hou maar by size en limiet, die groen nrplaat bakkies stop agter jou sonder dat jy dit weet.
 

JPC

New member
Jislaaik! Dis nou mooi vis daardie! Ag dankie WAJ, ons sal uitkyk vir die groenes! Ons praat voor!
 
Top