Hi daar
So vanoggend check ek die weer op my Swartbessie se weerdiens en alles lyk reg vir n Palmietrivier trippie. Vasbeslote om n paar vissies te vang, pak ons ons ligte gerei en die garnaalpomp in die kar en vat die lang pad soontoe.
Kom in die strand aan en dis bietjie bewolk maar nogal lekker warm. Koop die nodige om die maag vol te hou en ry reguit Palmiet toe via die bergpas. Net anderkant die Steenbrasrivier se mond val daar paar druppels. Om die kop by Rooiels reen dit plek-plek. Maar dit sit ons nie af nie, vis gaan ons vang.
By Palmiet aangekom en ek stap af water se kant toe terwyl my pal sy pens vol stop, dis nou sy tweede brekvis...
Die rivier se vlak is mooi hoog en doer in die verte gewaar ek mooi groen water wat die rivier binne vloei. Mond oop! Dis mos n goeie teken. Daar hoort mos nuwe lewe in te gekom het of hoe? Die windjie waai nogal koud maar dit gaan ons nie keer.
Reg, op die water se rant gekom en ek sit n Flutterstick van Storm aan. My pal lewer kommerntaar dat die paint job van die Flutterstick soos die van n 1980 se goedkoop stampkar lyk. Ek lag maar halfhartig en laat loop. Hy weet nie hoe doeltreffend hierdie kunsvissies is nie.
Op my eerste gooi haak ek iets wat soos iemand se ontbyt van n paar dae gelede lyk en ruik... Sies bliksem! Ek sit toe onmiddellik n 3/4 oz plug aan en probleem opgelos. Hy swem mos op die oppervlak en nie so diep soos die Flutterstick nie. My pal gooi n Strike Pro oppervlak vissie en kry nogal n mooi aksie uit die luretjie.
Na so 10 minute se gegooi maak die hemele oop en ons pak maar net daar op. Wat n teleurstelling! Ek het nog nie eens die garnaalpomp ingespan nie. Wou graag vir steenies ook hengel. Ai!
Ons besluit toe maar om huis toe te gaan, maar ek onthou toe dat Blakes ook leeries oplewer. Toe ons in die Strand kom is die weer daar lekker. Daar was nogal baie lyne in die water en ons besluit toe om liewer te ontspan en kyk hoe die manne in groen bootpakke hengel.
In die tyd dat ons daar was het niemand n enkele byt gekry nie. Die manne is maar net soos ek en my pal met hangende skouers daar weg.
"Moral of the story"? Dis tyd dat ek my ligte hengelgerei met my leerie obsessie wegbere en probeer gallies en dassies vang soos n normale mens. Kan egter nie wag vir volgende somer nie. Breede leeries, sien julle in Desember!
Groete
Spook