Soverby

Billy Griffiths

New member
Ek wil Maandag bietjie gaan lynnatmaak in Soverby. Waar is die beste plek? Ek hoor daar is 'n rif in die see waar kabeljou soms gevang word. Waar is die rif?
 
Marthin

Sealiner
Beste manier as jy nie iemand het saam met jou nie is google earth, en dan na die water kyk as jy by die spots kom. Ek het al reg voor die riwwe gestaan waar die beste prentjie vir my was, maar het eventually my gallies gekry so 300m verder, waar die water oor n sandbank gerol het in dieper water in, in plaas van probeer gooi vir riwwe... kyk vir uitgespoelde mossels, beteken gewoonlik daar is n gaatjie daar voor. Biekie laat reply maar alles van die beste... dis maar 'n moeilike area vir eetvis, waar wind, water, swells, vorige week se water, tyd van die dag en gety n groter rol speel as meeste ander plekke.
 
Dankie Martin
Was toe gister daar, by die rotse net noord van die lapa. Ons drie het nie eens 'n enkele byt gehad nie. Daar was baie en groot pylsterte tussen die seegras sommer hier voor ons, maar tot hulle het nie in aas belang gestel nie. Dit was ook baie mistig. Miskien was ons maar op verkeerde plek. My maat het gesê vir visvang is die plek se naam nou Houverby. 😀
 
Mike Smith

:ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO: Houverby! Nice one! Whatever happened to our nice emojis like ROFLMAO? As a seasoned member of the Trendy's gang I humbly request the return of said, very much loved Emojis and I am sure there will be a few Trendys here that agree with me.
 
Emperor

Administrator
Staff member
:ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO::ROFLMAO: Houverby! Nice one! Whatever happened to our nice emojis like ROFLMAO? As a seasoned member of the Trendy's gang I humbly request the return of said, very much loved Emojis and I am sure there will be a few Trendys here that agree with me.
noted will have them re-instated
 
Ocean

New member
Ai, te laat gehoor van "houverby". Ek nou twee weke niks gewaar hier wat eetvis aanbetref.🙈🙈🙈
 
Billy Griffiths

New member
Ai, te laat gehoor van "houverby". Ek nou twee weke niks gewaar hier wat eetvis aanbetref.🙈🙈🙈
Ek was ook nog nie weer daar nie. Hier is baie hengelaars, maar jy sal nie sommer inligting uit hulle kry oor goeie vangplekke nie, ongelukkig. Ek is ook nou weer 'n "beginner" na my aftrede omdat my werk my te besig gehou het om te hengel. Vandat ek so twee maande gelede weer begin het, het ek nie een eetbare vis kon vang nie.
 
Ocean

New member
Ek self laas maand klaar gemaak. Gaan more terug Pringlebaai toe om n ordentlike galjoen te vang
 
Top