Ek het een keer langs Harties gewade, so van pap swaaier tot pap swaaier, dan gesls ek met die ouens en hoor wat vang hulle.
So tydens een van die praatjies sien ek uit die hoek van my oog die karpie wat reg teen die kant voer. Ek se vir die ou verskoon my, maar sal jy omgee as ek net gou die karpie vang ?
Hy kyk my so snaaks aan en se nee dis reg. Ek leun net so bietjie oor na die water toe en sit die loodkoppie in... en vas !
Die ou se hey ! jy fowl hook mos nou die ding.
Ek se ja, so in die bek, kyk daar.
Ek maak hom los en gooi hom in die water terug.
Maar toe' is daai maat eers vies. Nou ja, toe loop ek maar.
Om met kunsaas die vis te vang is bietjie anders in die sin dat jy tipe van 'hands on' hier reg by die karp is om hom te vang.
Jy moet weet waar hy is sodat jy die kunsasie reg kan aanbied, en die sensasie is heeltemal anders op 'n kort lyn as op 'n lang lyn wat doer binne le.
'n Verdere voordeel is omdat jy baie dikwels die karp sien en kan waarneem wat presies hy doen leer mens ook baie meer.
As die karp bv voer en hy gewaar onraad of iets, dan skop hy dikwels stok styf net daar in die water, al die vinne staan regop en hy beweeg glad nie - amper soos 'n oorgehaalde pyl en boog.
As hy iets sien wat potensieel gevaarlik is dan hoor jy net so 'n dowwe knal onder die water en daai pyl skiet daar uit teen die spoed van wit lig.
As hy die loodkoppie sien kan jy sien hoe onspan hy skielik en veral die kleintjies ~ 2k is nogal gulsig soos hulle die gogga vang. Baie oulik om te sien.
So ek kan ook uit ondervinding se dat 'n karp nie sy eie bek kan sien nie. As die aas beweeg wanneer hy dit wil vat dan hap hy mis. Hy sien die aas, en die afstand en weet dan hoe ver om die aas te vat. Hulle moet ook redelik sensitief met die bek te kan voel.
Ek wonder of julle al gesien het hoe staan 'n karp regop op sy kop en woel die bodem om om bloed wurm, papies and ander kos te kry.
O ja, een van my ex-pelle (die' lewe verlaat) vang met pap, ons is daar by Moletedi dam. Nou het hy die paar karpies in die net. Ek vra vir hom of hy hulle gaan hou om te eet of iets.
Hy dink so rukkie toe se hy nee, hy gaan hulle weer terugsit.
Ek se nou maar hoekom hou jy hulle in die hounet ?
Hy se toe nee, hy will hulle net so rukkie hou...
Ek vra is jy bang jy vang dieselde karpies weer ?
Nou gelukkig was dit 'n pel, jy mo3r mos net ander ouens :-D