snorre met lure

bekkerian

Senior Member
Hi ouens.

ek het n paar damme met mooi babers in en my mission die lente/somer is om hulle met kunsaas te vang, ek het n salmo slider/ loodkoppies en klomp ander crank baits asook flyrod en vliee.

ek wil weet watse tegniek ek in die kristal helder water ek moet gebruik. watse retreave met die cranks/flies sal werk?

was saterdag by Attie(EBA Nigel) se dam en meneer snorre het lank my boot opgekom vir asem en weer rustig afgeswem en op die bodem vir my gele en lag. ek het my salmo slider uitgepluk maar sonder sukses....what to do?

so watse vliee sal werk en wat is die geheim in baie skoon water?!?

 
 

Droomvanger

Senior Member
In helder water moet jy gewoonlik baie sagter werk vir babers. Jy dip vir die baber amper so sag as vir 'n karp - veral as die baber op die bodem lê, dip jy saggies op sy snorre. Salmo sliders werk onder bome en as die baber draai gooi jy op die spot. Sliders werk die beste op die val en sink, nie op retrieve nie. Diep water is moeilik vir baber met kunsaas - verkieslik nie dieper as 2meter. In helder water moet jy afstand kry as jy cast met crankbaits of lepels. Baber moet jou nie sien nie. Die babers gaan nou op spawn en is nie altyd honger nie. Gewoonlik is die babers in die winter en lente makliker later in die dag as die sonnetjie leker bak. In somer gewoonlik baie vroeg die beste.
 

bekkerian

Senior Member
Hi Droomvanger, daar bars my Droom! haha. was lus om babers te gaan haal die naweek, maar as hul nou spawn, sal ek hul maar biki privaatheid gee. sal maar Bass target die naweek.

maar baie dankie vir die Info...
 
Top