Hel ons het heavy gear daar gehad en jy moes wakker wees as hy gebyt het want jy moes hulle dan vinnig oor 'n rotswand kry want jy kon duidelik voel hoe hy jou lyn teen die rots wou afskuur so dit was van diepsee hengel katrol en pomp en dan gee jy hom nie 'n kans daarna nie. Ek sal sê dit was so tesun 5 tot 10 minute gewees maar glo my jy was KLAAR daarna. Ons almal moes eers rus vir 'n wyle voor die foto sessie. hahaha.Hoelank het jy gespeel met hom?
Hennie was met sy 22 kg in 'n moerse fight gewees en daai fight was maklik oor die 15 minute gewees om in te bring. Hy het so 4 of 5 hel sterk runs gegee en lyn afgevat van 'n see katrol so jy moet weet. Hennie het amper sy katrolle daarna op gehang so moeg was hy. hahaha.
