Ek het die boot gekoop net voor ek Amerika toe gegaan het en wil as ek by die huis kom bietjie werk aan hom laat doen. Kan jul my ook dalk help met die hull, sommige mense se dis n Ace Craft en ander Ski Craft, is dit maar basies dieselfde of is daar n manier om die twee van mekaar uit te ken? Wil die buoyancy oor laat doen, wat sal dit my min of meer kos? Het ook gedink om dalk eerder n center console op te sit, is dit n goeie idee? Die motor wat ek vir hom het is n 55 yamaha maar dis n ou motor en wil hoor of dit moontlik is om n tilt en trim system op te sit, of is dit beter om n ander motor te koop?
