Skaap niere.

Skuimkop

Sealiner
Yes manne.

Ek staan gister in die slaghuis en terwyl ek wag loer ek maar in die vrieskaste rond. En daar gewaar ek skaap niere. Nou die niertjies is vir my 'n mooi size bait (veral as jy twee op een hoek gaan sit) en lyk lekker bloederig maar ek moet wonder of dit 'n goeie baber bait sal wees.

Het iemand al skaap niere probeer vir babers en hoe het dit gewerk.

Wat is julle ander ouens se opinie hieroor wat dit ook nog nie probeer het nie.
 

Toppie

New member
Nog nooit probeer nie. Het al grhoor van boerewors bait. Die prys van eetbare vleis is so belaglik deesdae dat ek wonder of dit 'n goeie roep gaan wees. As ek dit verniet kan kry sal ek defnitief probeer.

Laat my dink aan daai biltong vir bait ...eish! :)
 

Cheetha FS

Sealiner
Ek persoonlik dink dit gaan nie so baie geur in die water los as wat n vars lewer sal nie maar probeer biekie en laat ons weet! Jy het mos reeds n Bloemhof trip wat om die draai is as ek nie verkeerd is nie?
 

cornelius

Senior Member
Skuimkop,

In my opinie sal skaapniere baie beter doen indien dit pangebraai en met `n lekker suursousie opgedien word.

Hoenderlewertjies is goedkoper en ek glo dit sal `n beter job doen.
 

Skuimkop

Sealiner
Ja well ek is mos altyd keen vir 'n uitdaging as dit by baber vang kom so ek gaan dit maar hierdie naweek 'n try gee en julle laat weet. Ek weet net uit ondervinging dat 'n ou nie 'n aas moet judge op die eerste keer wat jy dit try nie.

En hel ja as die aas net so uitkom braai ek hom, :hyst: hahaha.
 

Fanie

Sealiner
Skuimie, ek het al met baie dinge ge-eksperimenteer, insluitende vleise en goeters in 'n tenk met 'n baber in.

As jy die verkeerde kos aanbied dan VLUG daai baber.
As jy die regte kos aanbied gryp hy dit onmiddelik.

Vis, voeltjies en sekere aas gryp die baber onmiddelik.
As ek vleis of bloederige vleis aanbied lyk dit of ek hom geskok get met krag - hy slaan onmiddelik op die vlug en gaan le in die verste hoek van die tenk. Selfs net 'n druppel bloed het dieselfde effek.

So my opinie is bees hart, skaap niere, vleis ens is glad nie goeie aas vir baber nie.

Kuikens - met vere aan - wat daai nat hoener klank het - is imo die heel beste aas. Selfs al is die hoener te groot om in te sluk, die baber bly die aas tjommel totdat dit stukkend breek en hy sluk dit stuk-stuk in. Niks bly oor nie.
 

JFE

Senior Member
cornelius wrote:
Skuimkop,

In my opinie sal skaapniere baie beter doen indien dit pangebraai en met `n lekker suursousie opgedien word.

Hoenderlewertjies is goedkoper en ek glo dit sal `n beter job doen.

Ek stem 100% saam, die niere maak dit nie tot by die viswater nie! Dis nou kos mors
 

Skuimkop

Sealiner
Fanie wrote:
Skuimie, ek het al met baie dinge ge-eksperimenteer, insluitende vleise en goeters in 'n tenk met 'n baber in.

As jy die verkeerde kos aanbied dan VLUG daai baber.
As jy die regte kos aanbied gryp hy dit onmiddelik.

Vis, voeltjies en sekere aas gryp die baber onmiddelik.
As ek vleis of bloederige vleis aanbied lyk dit of ek hom geskok get met krag - hy slaan onmiddelik op die vlug en gaan le in die verste hoek van die tenk. Selfs net 'n druppel bloed het dieselfde effek.

So my opinie is bees hart, skaap niere, vleis ens is glad nie goeie aas vir baber nie.

Kuikens - met vere aan - wat daai nat hoener klank het - is imo die heel beste aas. Selfs al is die hoener te groot om in te sluk, die baber bly die aas tjommel totdat dit stukkend breek en hy sluk dit stuk-stuk in. Niks bly oor nie.

Aaah dis presies wat ek vermoed het, en soos ek genoem het was dit die size van die nietjies wat my aandag getrek het meer as die smaak/bloedirigheid van die niertjies. Weereens dankie oom Fanie.

Ps: Ek het dit nog nie probeer nie.
 

Toppie

New member
Ek het op youtube gesien hoe die amerikaners hulle bait "prepare". Hulle gebruik 'n sykous, sny hom solank as jy nodig het...prop hom vol whatever en knoop hom dan albei kante. Daai ding kan werk want hy is mos sykous..."rek soos 'n sykous". Ek het dit nog nooit self probeer nie juis omdat ek nie graag plastiek in 'n vis of enige dier se pens wil sien nie. Maar as ek 'n manier kan kry wat sal waarborg dat ek die sykous terug kry dan gaan ek wragtig probeer. Ek kan mos so sykous so groot stop soos ek wil met hoender harte ens. Op 'n hair rig sal dit mos werk. Wat se julle manne???
 

Skuimkop

Sealiner
Hair rig werk mooi en soos jy sê jy kan daai kous so groot stop soos jy wil. Ek verbeel my jy kry sulke baber aas sakkies in die UK wat nie skadelik vir die vis is nie en maklik verteer word. Sal weer bietjie moet gaan snuffel vir dit.
 

Pats

New member
My experience by bloemhof is maar dat vars viskoppe die heel beste werk. Ek het al nietjies en alles daar probeer in die sloep.

Vars karp koppie net agter die vinne afgesny op so 80m en bobs-your- uncle en as jy hom so van 5 uur af insit is jy al 6 uur besig.
 
Top