Jou baitcaster moet 2 casting drags he. Die een is die knoppies op die spoel se aste weerskante. Om dit reg te stel, sit jou kunsaas aan waarmee jy wil gooi bv 'n loodkop.
Druk die knop soos wanneer jy gaan gooi sodat die spoel vry is om af te rol. Stel die knoppie (dis gewoonlik die regterkantste knoppie) op die spoel se ente sodat die loodkop net net nie vry afrol nie. Op 'n nuwe katrol sal dit so bietjie verstelling aan die begin nodig het totdat die katrol ingegooi is. As jy 'n swaar kunsaas gooi, moenie die knoppie te vas draai nie. Die' drag is net om die spoel teen lae spoed te stop.
Die magnetiese drag is die ander drag, sommige katrolle het ook 'n sentrifigale casting drag wat nie verstelbaar is nie.
Vir ligte kunsase kan jy die magnetiese drag bietjie losser stel en swaarder bietjie stywer, maar die drag is meestal om overwinds in die wind te keer. Hoe vinniger die spoel draai hoe harder rem die magnetiese drag.
As jy begin gooi stel hom meer op, en stel stelselmatig af totdat jy so een los rol van die lyn op die spoel sien, hy's dan optimaal gestel om afstand te kry.
Moenie soos met 'n koffie grinder gooi en die kunsaas uitskiet nie, jy moet gooi soos wanneer jy kleilat gooi. Die kunsaas moet saam met die stok se punt spoed en momentum kry. Gooi aan die begin horisontaal sodat jy net eers die gevoel kry.