Wanneer n Barber weg swem met die "prooi" in sy bek (nog nie gesluk nie), kan jy die drag gelydelik vas maak of jy kan die spool met die hand briek. Die sirkel gly/skyf dan in die rigting van die "sker" van sy bek omdat die vis van jou af weg swem, jy sal partykeer n mis he maar as jy hom vas het is jou "hookup" amper altyd 100% goed. Dit verg geduld en disipliene om nie te strike nie, jy kry so gevoel van "ek gaan hom mis, ek gaan hom mis" dis n natuurlike reaksie, maar jy moet vasbyt. Maak ook seker daai sirkel hook is altyd lekker skerp.