Sinkers

willem wikkel spies

Moderator
Staff member
Brakkanjan;

ja daar is mense wat minder bevoorreg is.
wanner n man die shad jaag gaan dit oor aas in die water, shad voer baie naby so n spark plug kan werk.

baie meer hengelaars doen die drift/ sardine bait.
so dan is n sinker nie nodig nie, tensy jy n klein bal sinker saam met die sardine wil sit.

vir ander vis weet ek nie.
op die ou einde, n aas 20 meter in die see is beter as n aas op die kant.

ss
 

MouseDog

Senior Member
As ek Huisklip toe gaan, hou ek daarvan om Spark Plugs te gebruik, die een gat waarin ek Mosselkraker vang hoef jy nie verder as 10 - 15m te gooi nie, en elke keer as jy gooi is jy guaranteed om 'n sinker te verloor, dit kan nogal bietjie duur raak na so 'n hele dag
 

Naruto

Sealiner
Het n storie gehoor by n vriend van n ou wat vir 4 dae by die dam was en elke dag as hul hom sien het hy al meer vir hul gewaai. Tot hul gaan uitvind het wats fout. Die ou vertel hul toe dat die vis so lekker byt dat hy nie meer plek het om hul te bêre nie, maar dat hy intussen uit sinkers uit gehardloop het. Hy het toe sy sparkplugs uitgehaal en gebruik as sinkers. Toe sit hy al vir meer as n dag daar met n kar sonder plugs! Hahahaha!
 

ChriDry

New member
LOL

Ek like die storie. Dink daar baie manne wat sulke verhale gehoor het. Wonder of iemand nie 'n boek daaroor wil skryf nie?
 

Brakkanjan

Senior Member
Ek het vanmiddig die ou plugs swiwels gegee, sal hulle sommer gebruik as ek weer vir baber hengel.

Net die punt oopgebuig, swiwel ingesit en hom weer toegetik.

Sal hulle by die see ook try ;)
 

AMG1

Senior Member
ja ne....dink nou ver terug.

My oupa het net met "Champion" spark plugs gehengel. Met tuis gemaakte indian bambo stokke. Dink daai goed vas seke 18foet lank.

LMGA hy het altyd gese hy hengel net saam "Champions"
 
Top