Silte??

Bruggie

Sealiner
Ek kom nou agter dat die laaste week of so was ons Forums maar stil!! Waar is almal en hoekom so stil??

 

Het julle regtig niks om te sê nie?
 

dawid2005

New member
Ek dink almal ly aan extreme vis koors dit is hoekom dit so stil hulle is bang die kondisie raak net erger, ek weet ek is een van die wat aan die baie ernstige kondisie ly op die oomblik
 

Bruggie

Sealiner
Ek sien, ek myself ly aan die kondisie, so ek gaan maar die naweek dit gaan regstel deur Koppiesdam toe te gaan!
 

dawid2005

New member
Ai ek wens ek kon dit die naweek doen maar ek moet nog so twee weke wag voor ek dit kan doen. So hoe het die nuwe stokke to gevang en as ek mag vra watter katrolle het jy.
 

Bruggie

Sealiner
Ek het maar bietjie gesukkel met hulle.Ek het oor die naweek bietjie na die sportgronde toe gegaan om bietjie te oefen!! Sal hopelik beter gaan die naweek.

Ek het maar net twee van daardie nuwe fox something katrolle gekoop vir R150 elk.My vrou slag my as ek nou nog twee duur katrolle ook nog koop!

Sal dit December gaan koop.
 

Bruggie

Sealiner
Ek het voor ek my vrou ontmoet het ongelooflik baie gaan visvang! So ek het vir haar gesê dit kom saam met die package!!! lol

Grap net, as daar een ding is wat ek mal is oor, is dit visvang! My vrou weet dit en sy verstaan.Ek nooi haar saam elke keer as ek gaan visvang, maar sy is nie eintlik een vir kamp nie.So kry sy dan maar kaans om bietjie by haar ma of vriendinne te gaan kuier.Ek wil graag ook binnekort by n club aansluit, so ek kry so veel as moontlik oefening en ervaring voor ek dit doen.

Ek en my vrou het n baie goeie verstandhouding en sy moedig my aan om my passie te volg!

DIT IS HOEKOM EK Sê EK HET DIE BESTE VROU IN DIE WêRELD GETROU!!
 
asb julle ek willi stupid klink nie aar kan julle asb v my verduidelik hoe om n paar v my pics op te laai sukkel myself gedaan
 

Bruggie

Sealiner
Druk "Reply", moenie op quick reply druk nie. Gaan dan onder die blokkie wat jy in skryf en jy sal sien daar staan "Browse", dan gaan kies jy net jou foto van jou pc af.
 

Skuimkop

Sealiner
Soos Bruggie sê (sien image hier onder) onthou net om dalk jou foto's te resize en in J-PEG formaat te laai dit kan ook lol indien dit nie reg is nie.
 

Attachments

  • New Picture (7) JPEG.JPG
    New Picture (7) JPEG.JPG
    31.6 KB · Views: 126

CARP1

Sealiner
Sorry,ou Brug.Dis net moerse hectic by die werk hierdie week.

Jy moet maar net bly oefen met die stokke.Dit het my 'n hele paar maande gevat voor ek 'n graphite behoorlik kon gooi.
 

Bruggie

Sealiner
Dankie, ja e sal maar nog moet oefen! Sal die naweek weer kaans kry om te kyk of die oefening darm vrugte afgee.
 

CARP1

Sealiner
My gaai juk alweer.Dink ek moet maar iewers na die Vaal toe gaan in die volgende week of 2.Sommer net vir die dag.
 
Top