Sensation Torpedo Stok

Wat dink julle van die stok??
Ek wil vir my twee nuwe stokke kry.
Ek het by ander ou gehoor dis 'n goeie stok en kan dit kry vir R410.00 per stok.
 

PI

Senior Member
Hi,

die stokke sal werk vir wat jy hulle wil gebruik. Hoekom upgrade jy nie eerder jou katrolle nie?

PI
 
Ek het klaar!! :)

Ek het 2x Okuma Stinger 50 Baitrunner katrolle wat ek saam die gaan koop...

Hulle vat so 130m lyn maar ek is nie 'n ou wat ver ingooi nie... Ek sal altyd muk vir so 60m of 70m
 

wmpruis

New member
Ek dink jy sal die katrolle gooi uitgroei. Eendag gaan hengel jy, jou vriend roei in tot 200m en hy is die enigste een wat visvang. Jy gaan dan beperk wees tot 130m.

bly by 15lb lyn as jy nie leader wil opsit nie.

Torpedo stokke is great.
 

connas

New member
ek sal se moeni dunner as 0.20 gaan nie want dan moet j ju dikte leader ook verander , ek het tans 0.24 mm lyn op en my leader is .028 mm kry n afstant van so 120 na 165 m op hulle
 

Naruto

Sealiner
0.25mm is perfek. Jy sal nogsteeds kan cast tot op so 70m en met n leader sal jy ten minste 100m kry, maar jy sal ook meer lyn opkry en as jy dan die dag wil inroei hoef jy nie te staan en dink "nou wat nou?" nie...
 
Maar weet julle ouens wat is stupid!! Hier waar ek bly verkoop hulle nie Double X lyn nie. Ek bly ini kaap so die mense is nie groot op karp hengel hier soos in PTA nie, maar ek sal rond shop en kyk!!

 

Stywe lyne!!!!!!!! :fishn
 

Bottie

Member
Jubilee1991 wrote:
Maar weet julle ouens wat is stupid!! Hier waar ek bly verkoop hulle nie Double X lyn nie. Ek bly ini kaap so die mense is nie groot op karp hengel hier soos in PTA nie, maar ek sal rond shop en kyk!!

 

Stywe lyne!!!!!!!! :fishn
Ouboet, ek kom April 'n bietjie af beskawing toe, sal probeer om 'n tolletjie of twee saam te bring. In Oudtshoorn behoort jy ook te kry. Watter breekkrag benodig jy?
 
Top