Sensation poppertjies

die spook

Senior Member
Goeiedag julle.

Het op Sensation se Minipop poppertjies op hul webtuiste afgekom. Het julle al met hulle in soutwater gehengel? En wat was die eindresultaat? Lyk my dis eintlik vir stink varswater visse bedoel of hoe? Ek heg n kiekie aan vir diegene wie hulle nog nie gesien het.

Groete
 

Attachments

  • sensation%20minipops.jpg
    sensation%20minipops.jpg
    35.2 KB · Views: 321

Pslatarix

Sealiner
Noggie gebruik nie maar ek se jou nou hulle sal werk vir elf, leerie , grunter , perch , rocksalmon en kingys
 

die spook

Senior Member
Psalatrix dankie. Sal definitief een of twee van hulle in die hande probeer kry. Vir interessantheids onthalwe. Ek weet dat die klein leeries op strike pro thai sticks ens byt. Laasgenoemde kunsvissies spoeg egter nie so baie water vorentoe soos n popper nie. Sal die poppertjies in die foto nie dalk die kleiner leeries (waarop ek tans tande sny) afskrik nie?
 

Stefan001

Senior Member
Die strike pro thai stix is meer n surface lure wat die beste werk met n walk the dog aksie. Ek het al leeries tot 5kg op hulle gevang. Op die lure fishing the swartkops thread sal jy sien hoe baie monsters al geland is op hulle.

Andersins werk n 4 of 5inch paddletail met n vinnige retrieve uitstekend vir leeries van enige size.
 

die spook

Senior Member
Hi Stefan

Ja ek het daardie thread dopgehou. Daai manne vang mooi vis!

Op n bietjie van n ander noot. Hoe is die kunshengel op struisbaai? Is daar bv baba leeries/elfies waarvoor mens kan spin naby die hawe-area?

Spook
 

Stefan001

Senior Member
Kunsaas Hengel op Struisbaai is uitstekend.

Op my profile kan jy na posts kyk oor leeries en kabeljou wat ek op kunsaas vanaf die hawe en plaat gevang het.

Ek spin meestal van die hawe, las en deurloop vir elwe en leervis. Gewone blink spinners of paddletails. Of vanaf die strand met clones en paddletails.

Jy kan grunters ook binne Struisbaai hawe vang.
 

Pslatarix

Sealiner
Het al heelwat leeries, kingys en selfs dorado en queenfish gevang op storm chug bugs so ja ek glo hulle sal werk
 

die spook

Senior Member
Hi daar

Die poppertjie links onder in die foto werk soos n bom. My hengelmaat vang mooi leeries op hom. Visse in die 45cm-60cm klas. Skaf gerus een aan as julle gelukkig is om hulle raak te loop.

Spook
 
Top