Fanetjie by Bloemhofdam met sy junior rekord. Ek het om 'n eiland gewade en toe ek terugkom le die baber daar in die boot. Toe ek vra hoe het jy hom hier ingekry toe se hy net 'Pa, ek het hom nie 'n kans gegee nie...' As 'n mens wil dan kan jy.
Piet Strauss help om die baber op te hou vir die foto.
Die arme kind het ook geen goeie ondervindings saam met sy pa gehad nie. Die oggend toe ons uitgaan was die water spieel glad. Die wind het later opgesteek en op pad terug was die golwe was so erg dat Fanetjie begin huil het. Die water was regtig nogal erg gewees. Ek het hom agter laat sit en agtertoe laat kyk wat gehelp het, maar dit was nie 'n goeie ondervinding vir hom nie. Die 20 minute terugrit het seker 'n uur geneem.