Die passasiers op 'n SAL vlug van Bloemfontein na George sit al reg om
te vertrek as die kaptein en tweede kaptein aan boord kom. Albei het
donkerbrille aan, die een stap met 'n gidshond en die ander gebruik 'n
wit stok om sy pad te vind. Sommige van die passasiers giggel senuagtig,
want dis sekerlik 'n grap.
Die motore word aangesit, die vliegtuig kom in beweging, begin spoed
optel op die aanloopbaan, maar styg nie op nie. Intussen kom die einde
van die aanloopbaan al hoe nader en nader, en die passasiers begin
onrustig rond te kyk. Die vliegtuig beweeg vinniger en vinniger, amper
aan die einde van die aanloopbaan, en 'n handvol passasiers begin gil en
skree en huil, tot die vliegtuig se neus lig en 'n paar meter voor die
einde van die
aanloopbaan begin opstyg.
'n Paar passasiers sug van verligting, 'n paar ander lyk skaam oor hoe
hulle op die skrikwekkende grappie gereageer het, en wanneer die eerste
drankies bedien word vergeet almal van die insident.
In die vlugkajuit voel-voel die kaptein sy pad na die knoppie gemerk
"Automatic Pilot", druk dit, en sit terug in sy stoel. "Weet jy," sê hy
aan die tweede kaptein. "Eendag gaan die klomp te laat begin gil , dan
bars ons almal!"