Sal Karp Kleinerige krieke of selfs grotes vat. Ek

Brakkanjan

Senior Member
Sal Karp Kleinerige krieke of selfs grotes vat. Ek het al 'n babertjie gevang met 'n groot vd merwe hoek vol krieke. Geelvis is ook nie bang vir kriek nie.Maar ek het nog nooit 'n karp gevang met 'n kriek nie.vvidevb

Ek lees in die winter of koue weer soek karp Protein. Sekerlik het krieke baie protein. Ek glo dat 'n kriek en plain float combo op 'n hoek goed werk ?:blah

Wel my bakkie staan steeds in die garage gepak met al my gear maar ek het nie gaan hengel nie. Reen het gemaak dat ek 'n rustige Saterdag by die huis het. :raine

Ongelukkig moet ek hom weer uitpak ook:hyst:
 

Fanie

Sealiner
Haai Brakkenjan,

Om karp met krieke te vang werk die tegniek as volg :

Jy bind die kriek aan jou lyn vas.
Dip die kriek in brandewyn,
Die brandewyn sal hom baie sterk en dapper maak.
Gooi die kriek in die water in,
Die eerste vis wat daar verbykom byt die kriek aan die bek,
En jy kan maar net in katrol.



Natuurlik sal karp krieke eet, ons vang dan karp met kunsaas wat een of ander insek of gogga of papie voorstel. Karp is egter nie groot jagters nie, so hulle sal uiters selde die kunsvissie vang, maar dit het al gebeur.

In my jonger dae toe ek nog met aas gehengel het en toe ek nog nie van beter geweet het nie :-D het ons dikwels met krieke onder andere karp gevang. Erdwurms werk ook goed.

Jy moet vir jou krieke in die bak genoeg kos insit anders eet hulle mekaar op. Lusern lande het gewoonlik miljoene van daai groot swart krieke in.

 

 

 

 
 

Brakkanjan

Senior Member
Dankie Fanie, ek sal verseker hulle gooi in hierdie koeler weer wat ons het! Lekker Naruto, hoe gaan dit nog met jou!
 

Brakkanjan

Senior Member
Fanie, ek het al gesien hulle het sulke bruin klein krieke in die Reptiel winkels. Ek het vandag 'n deksel by die werk gelig waar die watermeter is en sulke GROOT swart krieke gesien. Ek het al met soortgelyke geelvis gevang.

Watter een gaan die karp vang?
 

Oom G

New member
Krieke werk......

Ons huidige klub rekord staan op 10.05kg karp....gevang op n' swart kriek ...... (Shame...hy was seker honger...LoL!!!)
 

Otter@mmm

New member
En die beste van alles dit is nie moeilik om met krieke te teel nie .Ek het reptiele Bearded Dragons en hulle eet omtrent daagliks krieke...Die Bruin krieke in pet shop werk nie.Maar ek kry GAGGAS dis wat hulle daai krieke noem by my petshop.Hy is groter en dit lyk soos steroids kriek lol:SSS.Try hulle bietjie.Maar as jy dit nie kry nie , swart krieke werk net so goed.
 

Vicb

New member
Jammer vir die ingils, a colleague of mine swears by crickets & super glue. He reckons you glue the hook to the cricket & chuck it in the water, the "gespartel" apparently attracts the fish. Allegedly good for Carp, Bass, Kurper & Blue Gill. I still need to try it myself.

On my last fishing trip I heard a fellow anglers nighthawk running & he pulled out a nice carp of about a kilo. Later whilst we were chatting he told me that he had put a cricket (which he collected from under one of the bins in the park) on each of the hooks of a Rietvlei trace & reckoned that was gonna be his bait of choice for the weekend. I had to leave the next morning so I can't say how much success he had.
 

Catch-On

New member
Hi Brakkanjan

krieke is vir my soos erdwurms, dis 'n moet as ek dam toe gaan.

ek het al eintlik baie sukses gehad met daai bruin krieke wat mens in die petshop koop. Dis mos maar soos 'n natuurlike aas vir die vis.

ek maak maar altyd seker om 'n kriek op een van my stokke te sit, en meestal van die tyd is dit die stok met die kriek wat eerste byt.

snaaks genoeg, ek vang meer karp as baber met hulle.

hengel groete

:fishn

 

 
 

JakkieLouw

New member
Bruin krieke is reptielkos en werk nie te goed met hengel nie. Swart krieke is geneig om te stink, maar werk baie goed. Wurms, viskop en krappies werk die beste om barber te vang. Ons weer is nog nie reg om die groot karps te teiken nie.
Groete. Jakkie.:fswim
 

JakkieLouw

New member
Probeer om die swartkrieke vars te kry voor 'n beplande uitstappie. Viskop moet ook so 'n effense klankie kry - los maar 'n rukkie in die son. Dooie  hoenderkuikens werk goed as jy jou lyn diep kan neerlaat. Asyn of 'n ui sal die klankie van jou hande verwyder. Hoenderharte werk nie!
 

Brakkanjan

Senior Member
Laaste keer of wat toe ek hoenderharte gebruik het, het ek nie eers 'n trek gehad nie. Ek dink ook viskop is die beste ;)
 

Wernerbloem

New member
Manne het al self meer sukses gehad met daai swart vet krieke as die bruin tipe. Vraag hoe gaan n ou te werk as jy daai swart menere wil kweek / teel?
 
Top