SACS het inligting gekry dat sogenaamde spesiehengelaars onregmatig Groot Karp uit Kwaggahoekdam verwyder en na 'n ander dam verskuif. SACS het Kwaggahoekdam deels oorgeneem omdat die eienaars vermoed het dat groot Karp deur sogenaamde hengelaars onregmatig van die perseel verwyder word en dus gesteel word! Gelukkig is daar nog baie groter vis tans die afgelope winter en lente gevang deur hengelaars wat kan hengel. SACS se bestuur en lede sal Maandag koppe bymekaar sit en die pad vorentoe uitstippel. SACS het prokureurs en advokate as lede en ons gaan hul hulp inroep om teen die skuldiges op te tree aangesien hul nou aan ons bekend is en daar behoorlike bewyse aan SACS verskaf is. Die staf by die dam het ook opdrag gekry om op die uitkyk te wees vir dit en ons bied selfs behoorlike finansiële bystand aan die staf wat derduisende rande beloop as hul verdere voorvalle gaan identifiseer. So hul is op hete kole om iemand te vang! Hengelaars daag glo net by die dam op sonder om by SACS te bespreek en wil dan hengel. Dit word onmiddelik gestop om verdere voorvalle te voorkom.