Rust In Orbi

Bruggie

Sealiner
Hallo julle,

Ek, my broer en my pa het vanoggend gou by die R50 dam gaan sit voor ek nagskof moes werk. So ons moes 13:00 all ry intyd vir my om klaar te maak vir werk.

Ons het al drie vis gekry in die tydjie wat ons daar was.My broer het 4 gekry op SWD met Tjop-Tjop.

Ek het 2 gekry en 1 verloor, almal op SWD met BEAST en Vatikaki.

My pa het net die een vis gekry wat wel die mooiste vis vir die oggend was. 4.5KG. Hy het SWD met Bunspice as sy keuse van geur gebruik.

N paar fotos volg.
 

Attachments

  • R50 dam 4.jpg
    R50 dam 4.jpg
    62.6 KB · Views: 343

Bruggie

Sealiner
My pa het vir sy laaste keer in gegooi so 15 min voor ons opgepak het, en hy het seker so 30m gegooi. Toe tel hy sy eerste vis op vir die dag so 4min na hy in gegooi het.
 

TimJan

Sealiner
Dankie Bruggie vir die report ek is bly om te sien daar is darem nog n paar mooi karpe. Die laaste paar keer wat ek daar gevang het was die vis maar klein.
 

Bruggie

Sealiner
Self ook, maar net vandag wat ons die mooi een gekry het. Ek het self een verloor wat nogal groot gevoel het.
 

bob fish

New member
dis darem lekker as jy so a size uittrek ek vang nie lank vis maar hel k geniet dit was dienaweek in denyesville by rus a bietjie oord het vrydag laat daar aangekom toe waai die wind ons eers weg en toe moes ons eers die groot reen uitwag het eers so 11uur begin vang maar niks het toe so 2uur gaan slaap het eers die volgende dag twee gekap op bunspice maar die weer was maar sleg
 

Naruto

Sealiner
Dankie vir die fotos en verslag! Geluk aan jou pa! Ons bly die venue miskyk vir n een dag social.
 

bob fish

New member
dis seker maar omdat dit diep is daardie kant of hoe dink jy ek sal in elkgeval nie weer daar gaan kamp nie want die weer was nog elkekeer lekker sleg weet jy van enige plekke by harties wat jy kan gaan kamp met a familie wat veilig is en waar groot vis is
 

Bruggie

Sealiner
As jy die R59 ry Sasol toe, vat Swartkoppies offramp en draai regs. Draai weer links by Takoza township bortjie( Groot 4 rigting Robot). Draai weer regs by Randwater bordjie en jy sal so entjie aan n groot geel bord sien wat se Rust In Orbi.
 

JVW

Senior Member
Bruggie wrote:
As jy die R59 ry Sasol toe, vat Swartkoppies offramp en draai regs. Draai weer links by Takoza township bortjie( Groot 4 rigting Robot). Draai weer regs by Randwater bordjie en jy sal so entjie aan n groot geel bord sien wat se Rust In Orbi.
Dankie Bruggie-sal hom kry.
 
Top