Roodeplaat snorre raak aggresief.

Skuimkop

Sealiner
[align=justify]More manne.

Ek was vir so paar uur gister by Roodies aan die natuurbewarings kant. Ek het nie my stokke saam gevat nie want ons het maar gery om vir die wild te kyk terwyl ons 'n koue of twee geniet het. Maar soos 'n hengelaar nou maar is moet daar water toe gegaan word. Ons het net so onder die twee ure daar gestaan en ek kan die volgende report:

Wel die Karps is druk besig om te spawn en die water het sommer so geborrel en gekook van al die aktiewiteit. Later toe merk ek dat die getjommel bietjie 'n perd van 'n ander kleur aanneem. Ek staan nader en jou wrintie waar daar is toe babers wat tesun die klomp ook tekere gaan. Maar iets was net nie vir my reg nie. Met nadere ondersoek besef ek dat die babers nie spawn nie maar jag maak op die kleiner vissies daar. Omtrent die grootte/lengte van 'n man se palm. Dit is toe wel baie duidelik aan my bevestig voor ons gery het toe een van die palm size prooi vissie in sy poging om te ontsnap uit die water gespring het en bo-op sulke fyn watergras plante storie beland het. 'n Baber van so 3 kilo's het homself so half lyf bo-op die plante ge-launch en die vissie gevang. Dit was baie aggresief gewees en soveel so dat ek toe verder agter op die bakkie moes sit met my bevuilde broek, lol. [/align]
[align=justify]My advies dus sal wees om die Karps dan maar nou met Vatikaki, musk en vismelk te target. Baie vlak sal nou die wyse ding wees om te doen. Probeer klein prooi vissies van so plam groote in die hande te kry en gebruik hulle vir die babers. Live bait gaan jou ook groot pret besorg en ek dink jou tref rate gaan soveel hoër wees.

Maar ek persoonlik sal die babers met hulle aggressie gedrag nou met Roepstokke met loodkoppies en kunsaas wat klein vissies naboots soos die Punkinseeds nou gebruik. Gooi maar vlak waar die Karps besig is om te spawn.

[/align]
 

rassie1

New member
Goeie more!
Ek stem saam met die boodskap. Ek was sondag daar van 06:30 enhet omtrent al die gewone kombinasies vir karp probeer met net een byt op amandel en fx. Niks sukses gehad nie. dit was wel baie aangename uitstappie en om te sien die vissies is aan die gang.

Die vis spawn ook by bon accord en roodekopjes. Ek gaan die naweek probeer by Bronkies as enige van julle bietjie geheime wil deel.

Lekke dag!
 

AYOBA!

Sealiner
ek was by Bronkies natuurbewaring 2 naweke terug en die karps het toe al tekere gegaan in die vlak water, maar geen babers gesien nie
 

*el-diablo*

New member
Eks nou baie lus vir 'n sessie by Heritage Lake. Was iemand al daar?



Welcome to Sealine. Please read the following articles regarding the forum rules.
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=1&forum_id=111
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=41778&forum_id=111
http://www.sealine.co.za/view_topic.php?id=432&forum_id=111

 
Top