Ons planne is Vrydag oggend deurmekaar gekrap want daar was toe te veel mense wat 'n plekkie by Sable Hills wou gehad het en siende dat ek nie 'n inwoner is, moes ek ander plan maak. Ons is toe na Natuurbewaring toe en was gelukkig om Vrydag so 1/2 3 by die dam te gewees het.
Ons het plek gekry en dadelik op 100 meter begin hegnel. Die klein karpies was baie lastig en het ons vreeslik vas gesit. Ek het met die bootjie uitgegaan en seker 8 afgebreekte lyne uitgehaal die eerste keer wat ek vasgesit het. in totaal het ek seker 25 ander lyne deur die aand uitgehaal. Ek sal verseker nie weer met 7 pond lyn daar gaan hengel!
Ek het later die die aand voor donker my 2 stokke met hair rigs en een stok met boilies en die ander een met tigernuts ingevat tot op so 250 meter. My Pa het aangehou om klein karpies (550g -1.2kg) te vang op floaties, bruinbrood en erdwurms.
My een stok het so 1/2 12 gehardloop (boilie stok) en na so 15 minute se gespook vas gaan sit. Ek het die stok gelos en gehoop die vis swem homself los maar dit was nie die geval. So 2 uur het die tigernuts stok geloop en het ek ook weer na 10 minute se gespook vasgesit. Die stok ook maar leos en toe later met die bootjie gaan probeer los kry maar sonder sukses. Teen die tyd was ek effens moedeloos na al die vassit en afbreek van stroppe en so 4 uur in die tent gaan klim en bietjie gerus tot 6 uur.
Net na 6 toe kom daar weer mense in en het die hengelaars hulself langs almal wat alreeds daar was ingeryg soos sardientjies. Die manne het toe oor mekaar begin gooi en teen 9 uur het ek besluit om eerder op te pak as om betrokke te raak met my bure wat met dikker lyn oral oor die dam begin gooi het.
In totaal het ons seker 25 klien karpies gevang en een baber. Ek dink net Natuurbewaring kan bietjie meer moeite doen en die pad en ablusieblokke instand hou met al die geld wat hulle maak. Teen R148 vir 2 mense om een aand oor te slaap (daar was seker 200 mense net Vrydagaand) kan hulle werklik bekostig om dinge beter te maak vir die hengelaars.