Roodeplaat Dam

j1er

New member
Goed gedoen julle.

Wat is die reelings met bote op Roodeplaat. Ek het nie geweet mens mag met 'n boot op die dam nie a.g.v al die roeiers? Ek bly omtrent 20km weg en sal graag bietjie wil gaan oefen om die stof van die stokke af te haal. Is dit net trolling motor en net sekere dele van die dam. Gaan julle van die Moloto pad se kant af in?

So as 'n bysaak, watter spesies is als in Roodeplaat?
 

Rals

New member
Yesja J1er

Ja dit was lekker man, dankie!

Jy kan op Roodeplaat gaan in enige plek in soos ek dit verstaan, solank jy die nodige respek toon vir die manne wat roei, d.w.s. stadig verbyry etc met jou outboard, jy hoef nie met die trolling motor nie. Ons het nou nie juis in die kwaai besige roei areas gaan amok maak nie, so ek weet nie hoe is hulle (roeiers) hengelaarsvriend se kant toe nie.
Inderdaad het ons aan die Moloto kant ingegaan, as jy deur die hek ry vat eerste paaidjie links en ry op tot hy 'n vurk maak dan hou jy weer links. Jy sal 'n mooi jettie kry daarso.
Spesies sal Owner jou beter kan vertel. Ek weet van Baber, Karp, Baars, Bloukurper en eks seker daar sal vlei en kanarie ook wees...en dalk nog heelwat ander spesies. I stand corrected

Groete!
:fishn
 

The Owner

Senior Member
Hi J1er

Daar is als wat Rals genoem het en verder nog dwerg, ghielie en kleinskubgeelvis.

Die hele dam is vir hengel gesoneer so jy mag orals vang en met outboard ry, idle net verby roeiers.

Vis is nou lekker aan die gang en water is aan die een kant helder skoon.

Aqua en Zucas het al lekker spesies daar gevang in die somer.

Stywe lyne

Ru
 
Waar by Roodeplaat is die beste spot vir artlure van die oewer af (geen boot nie)?

Sien op Google Maps dat daar heelwat inhamme en baaie is wat belowend lyk vir oewerhengel.

Hoor daar is 'n oorvloed kanarie kurpers in Roodeplaat, so watse tyd van die jaar is die beste om hulle te vang? Somer, winter of kan mens hul die hele jaar vang? Want ek weet
bloukurpers het 'lock jaw' in die winter.

Dankie

Cheers
 

The Owner

Senior Member
By die launch net verby die bootklub glo ek sal jy lekker kan vang. Ek het al in daai baai net langs die launch mooi bass gekry en hier lê ook mooi babers soms, verder het ek ook op die launch 2 babers sien lê:fbash. Daar is mooi struktuur hier vir kanaries, vleis en dwergies ook. Ek ken nie die ander oewers goed genoeg nie.
 

Droomvanger

Senior Member
Sal maar wag vir die somer vir die kurperspesies.
Die roei-seksie is net aan die westekant gesoneer vir kunsaashengel, en daar moet vooraf gereel word (met die hoofhek) om daar in te gaan. Dit is 'n no-wake zone. Die roeiers is maar baie gou om te kla. 
 
Top