Hi Forel gevaar, sien ek is bietjie laat jy was reeds daar gewees, of was jy? Ek het daar gehengel so iewers in November en dit was maar swak. Die dam het regtig agteruitgegaan. Ons het selfs gesukel om kanarie kurpers te vang. Die water het soos ertjie sop gelyk. Ons het by NTVL gronde gevang. Die fokus was om baber te vang maar het wel karp stok ingehaad. Die resultaat vir die naweek was een klein baber en een van so 2.5kg, karp stokke het niks gedoen. Hoe het julle gevaar?