Roodeplaat babers

Eviljohnny

New member
Ons was die naweek bietjie by die natuur reservaat gewees het gedurende die dag 'n  klompie karpies gevang almal so tussen 3- 4 kg.

Het een run gehaad op my baber stok maar hy het die aas gespoeg, na die storm vrydag aand het ek in 'n kwessie van 2 ure 6 runs gehaad 5 het my geflat line en gaan vassit een kon ek land, 15kg en 20min later.
 

Attachments

  • 15kg.jpg
    15kg.jpg
    30.6 KB · Views: 162

Eviljohnny

New member
Die kant waar ons gesit het was nogal skoon gewees, regs van die sloep was daar baie hiasinte gewees, maar die bestuur het baie skoon gemaak en daar was groot hope hiasinte op die wal gewees.

Gedurende die storm het daar so paar stukke verby gewaai maar het ons glad nie gepla nie.
 

Unlimited

Sealiner
wats die pryse daar om n aand oor te slaap? is daar elek? lig? hoe diep gaan mens? eks nou al maande lus vir roodeplaat babers maar ja, met die waterblommetjies bly ek maar weg...
 

Eviljohnny

New member
As ek reg onthou was dit R60 vir die staanplek per nag, ek kan ongelukkig nie onthou wat die fooi is per persoon en voertuig nie.

Nee daar is nie krag langs die water nie, ons het gaslampe en 'n geni gehaad.

Ek het nie diep gehengel nie maar swaar.  Ek gebruik my 400/7 grafiet en penn 500 vir die babers. Ek het seker so tussen 50 en 60 meter uit gehengel.  het die laaste 2 runs gekry sonder 'n sinker net met 'n viskop aan die hoek.

Toe ek daar was het die waterblommetjies gladnie gepla nie, al wat gepla het was die klipbank waaraan die grotes my afgesny het die hele tyd.
 
Top