Eerstens....jammer oor die laat report.
Ons het Saterdag so net na 5:00 daar aangekom en begin opslaan. Ek was einde April daar en die hiasinte en watergras was redelik onder beheer maar hierdie keer was ons nie so gelukkig nie.
Nietemin, 6:00 was die 1ste lyne in die water en 6:10 kry ek my 1ste run maar verloor hom sommer diep in agv die watergras. Ek verloor nog 2 voor 9:00 maar 9:20 maak ek vas met 'n bulletjie van 5kg op skoon, wit floaties (het net met 1 hoek gevang) en Fizzer + Amandel op die bol.
Ek vang nog 2 karpies van so 2kg deur die loop van die dag voor 'n storm ons tref wat my gazebo en tent platvee. Dit breek my moed so dat ek glad nie deur die nag eers 'n lyn in die water sit nie.
Sondag oggend 5:00 gooi ek vir die 1ste keer weer en vang vinnig 2 karpies van so tussen 1 en 2kg en so net na 8:00 kry ek weer 'n lekker run en land 'n 6.5 karp. My 2 vriende wat saamgegaan het, het elkeen 1 karp van so tussen 1 en 2 kg gevang.
Die karpe was redelik gesond en is almal vry gelaat.
Buiten vir die storm was die weer warm met 'n ligte windjie wat maar die hele naweek gewaai het.
Ase was Floaties (meestal wit met hier en daar 'n MG Baits se Spawn tussenin) en 'n SWD agter. AGV die watergras het ons net met 1 hoek gevang.
Boldips was: Fizzer + Amandel, Banjo + Amandel, Pienk Sweets + TCP, Tutti-Fruiti + Yellow Activator.