Roodekopjes Bonanza 2011

Droomvanger

Senior Member
Die Roodekopjes Bonanza gaan vanjaar groter as ooit wees! Beste pryse en meer hengeltyd. Vanaf Vrydag 30 Sept - 2 Oktober. Dag-nag.
Op dieselfde formaat as Bloemhofdam Bonanza.

Algehele wenner. :fst:
Wenner van elk van die drie spesies: karp, baber, en bass. :fswim
Oewerpryse - Top Tien :kaykak
Bootpryse - Top Tien :wfish
Lucky Draws ::S
Big bangers :fbash
Hengelkaartjies gaan aanlyn beskikbaar wees.
Meer inligting volg binnekort.
 

Droomvanger

Senior Member
Toernooiwaarde R750 000.:fishn:::S:kaykak:ifishin:welcomesea:

Grootste vis per teikenspesie -
Karp R5000 kontant:wfish
Baber R5000 kontant
Bass R5000 kontant

::S
 

Ryan

Sealiner
Damn - been wanting to fish this for the last 2 years - gonna be in the okavango for the catfish run>>>>>
 

chad 001

New member
Hey Guys

Im going to fishing the dam this weekend, friday afternoon, till sunday.

I havent been there in prob 2 years, whats the latest on the dam?? Hows it looking?
 

Otto

Senior Member
Wat is die reels vir so komp, slaap jy op die boot of hoe en wanneer weeg jy al jou wen visse :wfish.
 

Katrol

New member
Ek gaan in die boot afdeling deelneem - my eerste kompitisie ooit, so ek is BAIE opgewonde!

Ek vang egter net deur die dag aangesien my bass-bootjie geen "navigatin lights" op het nie.
 

The Owner

Senior Member
Ek het toe aan die toernooi deelgeneem en 9de in die bootafdeling geeindig. Vrydag oggend was die weer baie mooi en ek het tydens die oefening sommer maklik 'n 7kg baber en so 2kg karp gekry. Die karp was besig om te spawn. Verder het ek en my pa op 'n paar verskillende spots bass van tot so 2kg gewaar. Toe die kompitisie laat middag begin was die weer aaklig, die wind het golwe van so meter hoog gestoot en behalwe dat dit koud was was dit ook bewolk. Ek was gelukkig om die 2 ure wat ek op die water was 'n half kilo bass te vang. EK het eers gedink dis te klein maar aangesien daar baie min bass uitgekom het het ek nogal goed gedoen. Volgende oggend is ek en my pa met dagbreek uit op die water. Na ons lank by die wal af gewerk het vir babers het ons op 'n skool babers af gekom wat op 'n scumline gevoer het op die oppervlak. Dit was reuse babers en amper almal van hulle was oor die 10kg. My pa het toe op 'n Lume pumkinseed 'n baber van so 6kg gevang met die gooi tegniek, maar toe het hulle almal gespook en ons kon nie weer een kry nie. Ons het toe vir lank niks gevang omdat die weer so sleg gebly het. Teen die middag het ek 'n lucky break gevang en 'n bass van 1,75kg op 'n weighless lizard in watermelon met gold sparkles gevang. Met hierdie bass het ek geweet ek kan goed doen. Daarna het ons weer 'n lang stilte gehad totdat ons op 'n goeie spot met baie babers afgekom het. Hier het ek so 7kg baber gevang op 'n loodkop, maar ongelukkig het ek hierna teespoed beleef. Ek het 2 babers (geskat 13kg en 10kg) gemis. Beide het ek gedip, toe gryp hulle my loodkop en toe ek strike toe set die hoek nie en hulle swem blitsig weg. Ek kon slange vang, want met die babers sou ek 'n goeie kans gehad het om die komp te wen. DIe volgende dag het ek 'n groter loodkop opgesit en 'n baber van 7,3kg gevang. Op die einde het Rene Sada gewen met 'n bass van 1,8kg en 'n karp van 6,8kg(die karp is saterdag aand met aas gevang). Lekker toernooi behalwe vir die weer. Maar volgende jaar moet die mense watch, want dan gaan ek met mening vir daai eerste prys!:wfish
 

Otto

Senior Member
Wel gedaan met jou 9 de plek, dis nogtans n goeie prestasie en dankie vir die terugvoer.
 
Top